Friday, December 1, 2023

Wat God saamgevoeg het

Aan ons kleinkinders INHOUD Oorspronklike Voorwoord Hoofstuk 1. God se Hoër Weë Hoofstuk 2. Moenie met ‘n Buitelander Trou nie! Hoofstuk 3. Bly Weg van die Politiek! Hoofstuk 4. Die Donkerkop van Mühlacker Hoofstuk 5. ‘Love grows, where my Rosemarie goes’ Hoofstuk 6. Ver van Mekaar Hoofstuk 7. ‘n Verreikende Skuldbelydenis Hoofstuk 8. Finale Afskeid? Hoofstuk 9. Wees Lief vir die Vreemdeling Hoofstuk 10. Stormagtige Golwe Hoofstuk 11. Uiteindelik Herenig! Hoofstuk 12. Meer turbulensie Hoofstuk 13. Wittebroodsdae met ‘n Verskil Epiloog Bylaes Woordelys Verwysings OORSPRONKLIKE VOORWOORD November 1979 Met hierdie boekie wil ons graag ‘n beskeie bydrae maak ten opsigte van die besprekings rondom die Wet op Gemengde Huwelike. Hierdie boek is opsetlik geskryf vanuit ‘n subjektiewe perspektief en terselfdertyd hoop ons om ‘n paar probleme te deel wat voortspruit uit hierdie spesifieke wet. Ons maak geensins aanspraak op uitvoerigheid in verband met hierdie onderwerp, want het het my beperk tot die inligting in ons eie klein vriendekring. Ons vertrou dat mure van vooroordeel afgebreek kan word met behulp van hierdie boekie. Terselfdertyd vertrou ons die Here om hierdie boekie te gebruik om al die mense van Suid-Afrika te verenig tot ‘n hegte nasie wat Hom wil dien en eer. In die tussentyd moes ons weereens leer: As die Here nie die huis bou nie, dan bou ons verniet met ons eie menslike planne. Ons het agtergekom dat selfs verharding van harte kan intree as ons net vertrou op ons eie menslike insig and daarom versprei ons hierdie materiaal met die gebed in ons harte: Here, gebruik dit tot U eer! Zeist, Nederland November 1979 N.B.: Die motief aan die begin van die Voorwaard is nie van toepassing nie, want ek het aangeneem dat die regering van Suid-Afrika uit welwillendheid sou optree. Die nuutste ontwikkelings rondom hierdie aspek dui nie daarop dat daar, menslik gesproke, met hierdie welwillendheid gereken kan word nie. Daarom hou ons by ons voorneme om nie hierdie materiaal oorsee te publiseer in die vorm van ‘n gedrukte boek voordat dit nie eerste in Suid-Afrika gedoen is nie. *** INLEIDING Vroeërjare het ons daarvan gehou om te sing: Koortjie in Engels hou, Ashley? I want God’s way to be my way As I journey here below For there is no other highway That a child of God should go Though the road be steep and rough Where He leads me ‘tis enough I want God’s way to be my way every day Min het ons toe geweet dat hierdie koortjie ‘n tipe volkslied oor my lewe sou word. Tog het my vrou en ek gedurende sulke oomblikke God se duidelike leiding in ons lewens ervaar - veral tydens daardie geleenthede toe die pad styl en rof was. Een van die moeilikste tye was ongetwyfeld in die aanloop na ons troue op 22 Maart 1975. Die gevolg van ons keuse om hierdie pad te loop was ‘n onwillekeurige ballingskap weg van my geboorteland, adfgedwing deur apartheidswetgewing wat gedurende hierdie tydperk geheers het in Suid-Afrika. Selfs voordat ek volwassenheid bereik het, het ek al ervaar dat dit die regmatige verantwoordelikheid van toegewyde Christene behoort te wees om die uitdaging van rasseversoening in Suid-Afrika te trotseer en te bekamp. Op ‘n latere stadium het ek hierdie verantwoordelikheid begin sien as my eie spesiaal opgelegde Godgegewe plig in die land van my geboorte. As deel van hierdie taak het ek sekere persoonlike dokumente en briewe saamgestel met die hoop om dit te publiseer met die titel Honger na Geregtigheid. In hierdie manuskrip het ek korresponsensie met apartheidsera leiers van die sewentiger en tagtiger jare van die vorige eeu ingesluit, saam met kommentaar. My hoop was om mense se harte vanuit die Afrikaanse Nasionale Party regering van die tyd te wen deur die manuskrip in ons moedertaal te publiseer. ‘n Goeie vriend in Holland, waar ek gewoon het met my gesin terwyl ek die manuskrip saamgestel het, het aangetoon dat die manuskrip se aanslag te krities was . Hy het gevoel date die inhoud van die dokument ontbreek het aan ware liefde en deernis teenoor die Afrikaners. Ek moes toegee dat die manuskrip waarskynlik ‘n oordosis van medisyne was vir ‘n siek samelewing. Ek het die teks van Honger na Geregtigheid begin opknap en het dit tergelyketyd verdeel in drie kleiner boekies. Die eerste boekie het gefokus op persoonlike ervarings wat verband gehou het met die sogenaamde Gemengde Huwelike Wet. Ek het dit genoem: Wat God Saamgevoeg Het. Die huidige boekie is opgedateer en oorspronklike (vertaling van) briewe is ingesluit. As ek terugkyk oor die laaste 50 jaar vandat Rosemarie en ek mekaar vir die eerste keer ontmoet het, is dit moeilik om die ooglopende slaggate te mis waarin ek myself laat beland het tydens verskillende seisoene van my lewe. Oordrewe aktivisme was een van die lokvalle waarin ek gereeld geva geltrap het. Ek wil ek die Here loof en prys dat Hy my deurgaans gehelp het met die nodige regstelling om my terug te bring waar ek die pad byster geraak het. Hy het geen ander persoon meer as my vrou, Rosemarie, gebruik om Sy doel te bereik. Ek het nie genoeg woorde om my dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader te beskryf dat Hy my na so ‘n wonderlike vrou gelei het nie. Ek is ook baie dankbaar vir God-vresende ouers. Die titel van Hoofstuk 1 is afgelei van ‘n Bybelvers (Jesaja 55:8) waardeur my ouers uitgedaag was om ‘n stap van geloof te neem ten opsigte van finansies wat nodig was vir my onderwysopleiding. Die Here het my ouers se gehoorsaamheid gebruik as ‘n sprekende en belangrike voorbeeld in my eie lewe. Hulle het my geleer om die Here te vertrou en dat Sy weë inderdaad hoër en baie beter is as enigiets wat ons op eie houtjie sou kon vermag. As ‘n teken van my dankbaarheid teenoor my ouers het ek ‘n eksemplaar van memoires getiteld His Higher Ways aan my pa oorhandig tydends die viering van sy tagtigste verjaardag. Rosemarie se oorlede moeder se gehoorsaamheid aan ons Vader het ook ‘n uiters deurslaggewende rol gespeel in ons verhaal. Hierdie baie spesiale bydrae word in Hoofstuk 4 van hierdie boek gehonoreer. Soos voorheen genoem was die oorspronklike weergawe van What God Joined Together in Afrikaans geskryf. Ek het probeer om dit te publiseer tydens die vroeë tagtiger jare, maar die poging was nie suksesvol nie. Nietemin het ek ‘n mate van genoegdoening ervaar toe die wet wat mense vanuit verskillende rassegroepe verhinder het om te trou, uiteindelik finaal in 1985 herroep is (sonder tasbare bewys dat my aksies daartoe bygedra het). Die dood van ons agbare President Nelson Mandela tydens Desember 2013 het baie goeie herinnernge teruggebring, en het my geïnspireer om werk aan die verhaal te hervat. Ek hoop dat ons kleinkinders eendag die verhaal sal kan lees. As gevolg van die aard van ons verhaal is rasse terminologie verskeie kere regdeur die boek gebruik. Ek het egter gekies om die mees almene terme naamlik Swart, Blank en Kleurling te gebruik om te onderskei tussen die drie grootste rassegroepe in Suid-Afrika. Ek het ook die term ‘Kleurling’ in aanhalingstekens en met ‘n hoofletter aangedui, omdat ek deeglik daarvan bewus is dat hierdie klassifikasie van my eie etniese groep besondere opskudding veroorsaak het oor die jare. Ek verwys onderskeidelik na die ander rasse as ‘Swart’ en ‘Blank’, aangedui met hoofletters, om sodoende aan te dui dat ek nie na normale kleure verwys nie. Ek verwys lesers na die woordelys ten opsigte van die gebruik van Afrikaanse en Duitse woorde. Hiermee wil ek graag my dankbaarheid betuig teenoor ons dogter Tabitha wat hierdie dokument geredigeer het om dit meer leesbaar te maak. Sy het ook die foto van ons hande geneem vir die voorblad van hierdie boek. Ons seun, Rafael, het die finale produk geproeflees. Ek bid dat baie mense sal geniet om te lees hoe God ons op so 'n soewereine manier bymekaar gebring het. Kaapstad, Maart 2015 N.B.: Ten opsigte van die effens veranderde Inleiding in Mei 2022: Tydens Augustus 2019 het ek deur middel van Goddelike leiding kontak gemaak met Anneline Bezuidenhout van Sela Uitgewers. Terwyl ek besig was om te bid vir iemand om mee saam te werk in terme van die redigering van ‘n manuskrip vir E-boek publikasie, het ons dierbare vriend, Stephan van Niekerk my die telefoonnomer van Alaythea Hamlyn van Truth House Uitgewers op 8 Januarie gegee. Later het ek gelei gevoel om eers hierdie boek, my oorspronklike self-gepubliseerde outobiografie What God Joined Yogether, as n E-boek uit te gee. Alaythea Hamlyn het my gehelp om hierdie E-boek te koppel aan Smashwords en Amazon. Anneline de Hout het die uitleg vir die gedrukte weergawe voorberei. My opregte dank aan elkeen van hulle vir hierdie bydraes. *** HOOFSTUK 1 GOD SE HOëR WEë Tot ongeveer die ouderdom van nege jaar het my wêreldtjie hoofsaaklik bestaan uit die enkele vierkante myl rondom ons familie tuiste in die borrelende krotbuurt van Distrik 6 in Kaapstad. As ‘n jong seun, het ek nooit in my wildste drome gedink ek sou eendag na ‘n nader land gaan nie, laat staan nog om met iemand vanuit ‘n ver land te trou. Ek kan die paar keer baie duidelik onthou toe ek ‘n paar treë buite die Distrik 6 gebied gegee het. Wat ‘n groot affêre was dit vir ons familie om die Van Riebeeck Fees by die dokke by te woon toe ek ses jaar oud was; en wat ‘n onvergeetlike uitstappie was dit toe ons die dokumentêre aanbieding van ‘A Queen is crowned’ by die Bijou Teater in Soutrivier een jaar later bygewoon het. Al was beide plekke slegs ‘n paar kilometer weg van ons huis, was hulle volgens my perspektief geleë in ‘n ander wêreld. Die Blankes wat in Vredehoek en Groenpunt gewoon het was geografies baie naby, maar volgens my kon hulle netsowel oorsee gewoon het. Dit gee ‘n mens ‘n goeie idee hoe ver 'verwyderd' ons samelewing van ander voorstede was in daardie tyd. Die Swartmense van Windermere en Langa, was in my wêreld verteenwoordig deur die steenkool-besmeerde manne wat kole vir ons stoof gebring het. Hulle was mense op wie die gemiddelde 'Kleurling' neergekyk het, en vir wie ons bang was. Ek het eers na die radio begin luister nadat ons Distrik Ses verlaat het, en dit was slegs om na die rugby kommentaar te luister op ‘n Saterdagmiddag. Vanaf ‘n jong ouderdom het ek dit ‘n gewoonte gemaak om rond te swerf in die verskillende dele van Distrik Ses. Op sesjarige ouderdom het ek omtrent al die name van elke straat in ons buurt geken. En toe Tannie Bertha Roman, ons buurvrou, my op ‘n dag in ‘n donker stegie vind waar ek nie veronderstel was om te wees nie, het ek geweet ek gaan ‘n dubbele pak slae kry – een van haar en een by my ma. ‘Sit die hond agter haar!’ het ek teruggekap, terwyl ek my vriende opdrag gegee het om die hond agter haar te sit om haar af te skrik. Daarom was dit ook ‘n groot verligting vir my ouers toe ek my skoolloopbaan by Zinzendorf Laerskool in Arundel Straat kon begin. Deur die Here se genade en waarskynlik ook in antwoord op die gebede van my ouers, het ons weggetrek uit die omgewing waar ek begin omgaan het met die verkeerde vriende. As ‘n tinger vyftienjarige tienerseun, het ek begin bewus word van die idee van ‘n soewereine God. My beste vriend op daardie stadium, Nicholas Dirks, het my uitgenooi na ‘n opelug saamtrek op die Goodwood Skougrond waar Dr Oswald Smith, ‘n prominente Kanadese evangelis in daardie tyd, die prediker sou wees. Tussen ‘n skare van ‘n paar duisend mense het ek myself bevind in ‘n plek waar ek diep geraak en uitgedaag was deur die evangelis se woorde aan ons om ‘na die Kruis te kom.’ Weens ‘n tekort aan dissipelskap onderrig wat my sou help om ‘n verhouding met God te ontwikkel, het ek nie geestelik gegroei nie. Dit was eers tydens besoek aan die NG Sendingkerk in Tiervlei (nou genoem Ravensmead) 'n jaar en 'n half later dat hierdie uitdaging opgefris was en waar ek die Here toegewyd begin dien het. Ek het ook nou besef dat ek moontlik ook ander passies sou moes prysgee sodat ek myself beter meer in lyn kon wees met God se wil vir my lewe. Die leraar van die kerk in Tiervlei, Dominee Piet Bester, het gevolglik die rol van mentor in my lewe begin aanneem. Hy was ook die persoon wat ‘n groot rol gespeel het om my belangstelling in sendingwerk te prikkel. Grootgemaak as ‘n ‘Kleurling’ in die apartheids era van Suid-Afrika, het ek nooit eers die moontlikheid oorweeg om na ‘n ander land te gaan, wat nog te sê van betrokke raak by sendingswerk in die buiteland. Wat my tersiêre opleiding betref, was dit altyd duidelik dat ek, nadat ek my hoërskoolloopbaan voltooi het, ek opgeleiding as ‘n onderwyser wou volg. Verskeie lede van my uitgebreide familie het alreeds hierdie beroep beoefen en daarom het onderwys ook gelyk na die ooglopende keuse vir my. Die finansiële situasie tuis was egter ‘n groot beperking en daar is dus besluit dat ek sou gaan werk na Matriek sodat my ouer broer, Kenneth, sy twee-jaar onderwysopleiding sou kon voltooi aan die gesogte Hewat Onderwys Opleidingskollege. Na ‘n paar onsuksesvolle pogings om witboordjie klerklike werk te vind wat eintlik uitsluitlik vir ‘Blankes’ gereserveer was tydens die apartheidstydbestek, het ek ‘n eenvoudige werk aanvaar om masjiene skoon te maak by Nasionale Boekhandel se drukkery in Parow. Nadat ek vir ‘n paar weke by die drukkery gewerk het, het ek een middag laat tuisgekom en gehoor dat ek, nes my broer voor my, aanvaar is as ‘n student by die Hewat Onderwyskollege. Ek was aangenaam verras toe my ouers my vertel dat hul voel het ek moet ook aan die Hewat Kollege gaan studeer ten spyte van ‘n tekort aan fondse vir my studies. Ons moeder was diep aangeraak deur daardie dag se ‘dagwoord’ vanuit die Moraviese tekboekie wat gelui het: ‘My weë is nie jou weë nie...’ (Jesaja 55:8). My ouers wou die Here vertrou om finansieel te voorsien, veral tydens die kritieke eerste jaar van my onderwys opleiding. Dit was egter ‘n uitsonderlike stap van my ouers, want sulke geloofstappe was feitlik ongewoon in die Kleurling gemeenskappe van Suid-Afrika en selfs nog meer in die Moraviese Kerk van die 1960s. Nietemin, hulle geloof is volledig bevestig. As ek terugkyk, glo ek die Here het my ouers se gehoorsaamheid gebruik om ‘n patroon in my lewe neer te lê, veral om my te help om te ontdek dat God se planne beslis hoër is as my eie. Nadat ek die twee-jaar onderwysdiploma aan Hewat voltooi het, het ek my eerste onderwysbetrekking aanvaar aan die Hoërskool Bellville-Suid. Ek was egter slegs gekwalifiseerd as ‘n laerskool onderwyser, maar is die pos aangebied weens die gebrek aan hoërskool onderwysers in daardie tyd. Ek het by hierdie skool onderrig gegee vanaf 1965 tot1968, terwyl ek deeltyds studeer het vir ‘n B.A. graad. Toe ek nog op hoërskool was, het ek al sterk oorweeg om ook later teologiese studies te doen. Chris Wessels, ‘n jong prediker wat in ons gemeente van tyd tot tyd gepreek het, het my uitgedaag om teologiese studies te oorweeg, maar ek wou absoluut seker wees dat die Here my duidelik en persoonlik sou roep. Die besluit om te wag vir die Goddelike roeping het egter nie my betrokkenheid by evangelisasiewerk beperk of verminder nie. Ek het selfs begin preek by jeugdienste vanaf die ouderdom van vyftien jaar terwyl ek steeds soos ‘n laerskoolseun gelyk het. Ek het ook tieners begin uitnooi van ander denominasies om te kom preek by ons plaaslike Morawiese jeugdienste. Met die hulp van ‘n gemeenskaplike vriend kon ek Allan Boesak, wat later ‘n baie prominente politieke aktivis sou word, uitnooi om by een van ons jeugdienste te kom preek. Allan se toewyding aan die Here het ‘n diep indruk op my gemaak. Toe hy die ‘stranddienste’ van die CSV (Christen Studente Vereniging) noem, het dit belangrike saad gesaai in die vrugbare grond van my hart. Die CSV het Christene vanuit verskillende denominasies bymekaar gebring om te evangeliseer. Een van hulle groot projekte het studente ingesluit wat God se liefde gedeel het met gaste by verskillende strandoorde tydens die Kersvakansie. Kleurlingstudente het dit in Harmony Park naby Gordonsbaai gedoen. Terwyl ek my vir die uitreik van 1964 voorberei , het ek my volledig leeg en onbekwaam gevoel, geensins toegerus vir so ‘n taak. Hoe kon ek evangeliseer in hierdie toestand? In my desperaatheid het ek uitgeroep na die Here om my opnuut te ontmoet. Ek het niks gehad om te deel met enigiemand – tensy die Here my sou kom vul met Sy Gees. En juis dit het Hy kom doen. Iets bonatuurlik het daardie dag gebeur. Tydens een vliedende oomblik het ek ervaar hoe ek aangeraak word en opgelig word vanuit ‘n gevoel van totale onvrugbaarheid. Ek het onmiddelik energiek gevoel en gretig om by die ander jongmense in Harmonie Park aan te sluit. Die gevoel van eenheid en liefde tussen die jong, lewenslustige gelowiges afkomstig vanuit verskillende kerkagtergronde, was ‘n heeltemal nuwe ondervinding vir my. Terwyl ons saamgespan het tydens die uitreik, het ek ervaar dat daar ‘n baie spesiale ‘krag’ aan die werk was. Ek was geestelik ‘aan die brand’ en die ervaring het my lewe totaal verander. Na hierdie ervaring het ek begin om God se potensiële roeping op my lewe tot voltydse bediening, nog meer in gebed begin oorweeg. Ek het dit oor en oor voor die Here gesit dat ek ten volle bereid was om voort te gaan met teologiese studies as dit Sy roeping op my lewe was. Aan die begin van 1968 het een van my helde as ‘n tiener, Eerwaarde Ivan Wessels, leukemie opgedoen. ‘n Paar weke later sterf hy in sy hospitaalbed te Groote Schuur Hospitaal. Hy was so ‘n prominente en invloedryke figuur in ons gemeenskap dat amper die hele Moraviese Kerkgemeenskap bymekaar gekom het vir sy begrafnis in die voorstad van Lansdowne. Die kerk het waarlik een van sy groot seuns verloor, en Suid-Afrika in sy geheel het een van sy onbesonge vegters vir geregtigheid verloor. Biskop Schaberg het die begrafnisgangers uitgedaag: ‘Wie is geroep om die plek van ons ontslape broer te gaan invul?’ Ek het my persoonlik aangespreek gevoel. Terug by die huis in Tiervlei na die begrafnis, was dit nie vir my moeilik om te sê: ‘Here, ek is gereed om deur U gebruik te word om die gaping te help vul.’ Die volgende dag is ons na die Pella Sendingstasie vir ons verkorte Sondagskool Konferensie. Ek was totaal verbaas toe ‘n lid van die kerkbestuur my nader met die vraag of ek sou belangstel in ‘n beurs vir teologiese studie in Duitsland. Ek was oorweldig deur die Here se perfekte tydsberekening! As hierdie aanbod ‘n paar dae vantevore gemaak was, sou ek dit dalk van die hand gewys het. Die versoeking om oorsee te gaan studeer sou baie aantreklik geklink het, maar ek wou absolute sekerheid hê dat dit die Here se roeping op my lewe was. Ek het aan die predikant genoem dat ek sy aanbod sien as ‘n duidelike bevestiging van die Here ten opsigte van die vorige dag se roeping. Skaars ‘n paar maande later was ek besig om my tasse te pak vir hierdie ongelooflike reis oorsee. *** HOOFSTUK 2 MOENIE MET ‘N BUITELANDER TROU NIE In die tussentyd is daar ‘n meisie met die naam Rosemarie gebore in die suide van Duitsland in ‘n wêreld totaal verskillend van myne. Tog sou hierdie jong meisie een dag uitroep na die Here ‘dat dit die grootste wonderwerk sou wees om eendag met Ashley Cloete te trou.’ ‘n Ware wonderwerk is presies wat dit sou wees. Een wat getuig van ‘n God wat so getrou is en ook baie meer kan doen as wat ons ooit sou kon droom. Rosemarie en haar sussie, Waltraud, het grootgeword as tipiese ‘na-oorlogse’ kinders, Hul ouers het dikwels tuis gepraat oor traumatiese ondervindings tydens die tweede wêreldoorlog. ‘n Konstante vrees het dus in hul jong harte geheers dat ‘n volgende oorlog enige tyd kon uitbreek. Rondom die ouderdom van 4 jaar was die klein Rosemarie soms te bang om alleen na die badkamer te gaan, uit vrees dat die volgende oorlog sou uitbreek. Een van Rosemarie se pa se grootste drome, nadat hy gevorder het tot ‘n gerespekteerde posisie in die streek se inkomstekantoor, was om sy eie huis te kon besit. Om hierdie stap finansieel moontlik te maak, het haar ma ‘n sekretariële pos by die skool aanvaar. Die twee sussies moes dus as jong kinders in die sorg van jong vroue gelaat word wat gedien het as huishoudsters in hulle huis. Toe Rosemarie laerskool ouderdom bereik, het sy en haar sussie albei 'huissleutel' kinders geword; elke kind het ‘n sleutel vir die huis om hul nekke gedra terwyl niemand hul tuis verwelkom het waneer hulle van die skool teruggekom het. Tydens hul grootwordjare het Rosemarie en haar ouer sussie, Waltraud, dikwels moes toesien hoe daar konflik tussen hulle ouers ontstaan. Hierdie argumente het gewoonlik ontstaan as gevolg van die verskille in hul onderskeie opvoeding en die groot verskille in terme van hul siening van die lewe. Omdat sy nie kon verstaan waaroor die konflik gaan nie, was Rosemarie gedurig bang dat haar ouers sou skei. Gedurende haar kinder- en tienerjare, het Rosemarie geworstel met innerlike spanning wat sy ervaar het. Enersyds was daar die begeerte om haar ouers te respekteer en haar pa te gehoorsaam met sy soms rigiede sienswyse oor die lewe. Andersyds was daar haar begeerte om haar eie pad te baan en haar eie opinies te vorm. Sy was terdeë bewus daarvan dat haar pa net die beste vir sy dogters wou hê, maar sy het ook geweet dat sy idee van die beste dalk negatief beïnvloed kon gewees het deur die ongewone omstandighede tydens sy eie opvoeding. Hier moet ons nou eers die verskillende agtergronde van Rosemarie se ouers in gedagte hou: Franz Göbel, Rosemarie se pa, het grootgeword in die klein dorpie Weißwasser in Slesië, ‘n streek in die ooste van Duitsland. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is hierdie deel oorgeneem deur kommunisties-beheerde Tsjeggo-Slowakye, wat daartoe lei dat sy familie gevlug het na die suide van Duitsland. In die omgewing waarin hy grootgeword het, is Adolf Hitler gesien as die ‘Führer’ wat oplossings voorsien het vir al die land se probleme. Rosemarie se pa, tesame met die res van hulle gemeenskap, was diep beïnvloed deur Nazi indoktrinasie. Jare later het hy steeds die Nazis verdedig tydens gesprekke, en het selfs verwys na wat hy genoem het ‘die oordrewe syfers van Jode wat oënskynlik vermoor is’ in die gaskamers. Rosemarie se ma, Erika (néé Marte), aan die ander kant, het grootgeword in Stuttgart met ‘n totaal ander opvoeding. Sy het akademies die beste in haar klas presteer en was bevoorreg as meisie om skool by te woon totdat sy haar hoërskool diploma (’Arbitur’) ontvang het. Sy is egter nie toegelaat om tersiëre opleiding te ontvang nie omdat sy geweier het om by die Hitler jeug aan te sluit. Haar familie het Adolf Hitler en sy regime gekritiseer, en as ‘n familie het die Martes die Jode gerespekteer. Afgesien hiervan het die oorlog Erika diep getraumatiseer op ‘n ander baie direkte manier – hulle huis is gebombardeer as jong volwassene en dis hoe sy haar ma verloor het. Erika was ‘evangelisch’, d.w.s. sy was ‘n lid van die Lutherse Staatskerk. Rosemarie se pa is egter grootgemaak as ‘n Rooms Katoliek. En te midde van ‘n algemene atmosfeer van wedersydse wantroue tussen die twee groot Duitse denominasies, het Rosemarie se ouers dit nietemin gewaag om te trou. Hulle het onderling ooreengekom dat enige kinders in hul huwelik as Protestante grootgemaak sou word, en nie as Katolieke. Nadat hulle na die suide van Duitsland gevlug het, het Rosemarie se pa se familie skuiling gevind in ‘n voormalige klooster in die dorpie Maulbronn. Die voormalige Protestantse klooster was gebruik om oorlogvlugtelinge van beide groot kerk denominasies te huisves. Rosemarie se ouers was baie gelukkig toe hulle toegelaat is om daar as ‘n paartjie te woon in 'n deel van die klooster. Behuising vir families was baie skaars in Duitsland in daardie tyd en hulle was baie dankbaar om skuiling en versorging hier te vind. Vanaf ‘n jong ouderdom was Rosemarie ‘n ywerige leser en sy het dikwels die tyd wanneer sy alleen tuis was na skool gebruik om te lees. Haar pa het egter gevoel dat lees nie ‘n tydverdryf vir jong meisies is nie, en daarom het sy in die geheim begin lees. Dit het baie jare geneem vir Rosemarie om die gevoelens van skuld en geheimhouding te oorkom wat sy ervaar het terwyl sy in die geheim haar boeke gelees het. Tog was dit deur middel van literatuur dat Rosemarie meer en meer deernis teenoor die Jode begin ervaar het. Hierdie stand van sake het haar pa egter baie onstel. Wat Rosemarie se geloofsreis betref, was sy al vroeg diep geraak. In haar eie woorde: ‘Ek onthou vanaf ‘n jong ouderdom dat my ma vir ons Bybelstories vertel het. Selfs as kind het ek skuldgevoelens ervaar omdat ek gevoel het ek nooit sou voldoen aan God se verwagtinge. Baie vroeg in my lewe het ek egter ‘n geheime begeerte gehad om eendag ‘n sendeling te word, alhoewel ek die indruk gehad het dat ek nie getrou en standvastig sou kon bly staan as daar van my vereis word om vervolging te verduur. Terwyl ek op laerskool was, is ek by die Liebenzeller Sendingstasie gekonfronteer om Jesus as my persoonlike Saligmaker aan te neem. Ek het hierdie stap as ‘n stap van verligting ervaar; om uiteindelik te weet ek is ‘n kind van God. Die vers vanuit Jesaja 43:1 Ek het jou by die naam geroep, jy is myne…. is aan my gegee tydens hierdie geleentheid, en dit het my deurgedra gedurende my tienerjare toe die dinge van die wêreld my al hoe meer begin aantrek het.’ Soos haar veertienjarige verjaardag al nader gekom het, het Rosemarie katkisasie klasse bygewoon soos dit gebruiklik was vir tieners in die Lutherse Kerk. Hierdie klasse was nie besonders aangenaam of uitdagend nie. Vir die doel van die finale bevestigings geleentheid in die kerk het die pastoor die leerders versoek om lukraak ‘n kaartjie met ‘n Bybelvers uit ‘n houer te kies. Dit sou elke leerder se onderskeie ‘Konfirmandenspruch’ word. Rosemarie het Psalm 93:4 gekies; ‘n vers wat later baie betekenisvol vir Rosemarie sou word: Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die Here geweldig in die hoogte! Tydens latere jare is sy herhaaldelik herinner aan hierdie Woorde as sy wou ‘verdrink’ in elke nuwe golf van die lewe se ontstuimige storms. Rosemarie se liberale Godsdiens onderwyseres op hoërskool het blykbaar gepoog om ander geestelike invloede in die lewens van leerders teë te werk. Dit was ook nie maklik vir Rosemarie nie om vas te staan ​​in haar geloof toe hierdie onderwyser hulle gepeper het met kritiese perspektiewe op die Bybel. Net so het sy standvastigheid by die huis nodig gehad, aangesien sy steeds baie simpatie vir die Jode begin ervaar het, in teenstelling met die invloed wat haar pa probeer uitoefen het. Rosemarie wou fisioterapie studeer, en dit sou beteken om na die stad Tübingen te gaan vir haar studies. Haar pa het glad nie daarvan gehou nie. Behalwe die koste om daar te gaan studeer, was daar te veel buitelandse studente in daardie universiteitstad na sy sin. Die gedagte dat sy dogter moontlik iemand sou ontmoet wat nie-Duits was, het na ‘n te groot gevaar gelyk. Hy het sy eie idees gehad oor hoe sy toekomstige skoonseun moes lyk en wees. Sy negatiewe ervarings met Suid-Europese buitelanders as deel van sy werk in die staatsdiens het blykbaar al die vooroordele wat hy as ontvanklike jong seun opgetel het, bevestig en vergroot. So is Rosemarie en haar suster versoek om 'n belofte te maak dat hulle slegs met 'n Duitser sou trou. Hoewel sy tot op daardie stadium nog nie baie buitelanders in haar lewe ontmoet het nie, het Rosemarie geweier om enige belofte in dié opsig te maak. Sy het nie so seer geweier uit oortuiging nie, maar sy het net gevoel dat sy haarself nie so moet bind nie. Toe Papa Göbel effens bitsig noem dat sy ook liefs nie met 'n predikant moes trou nie, het sy weereens geweier om toe te gee. Aangesien sy nie toegelaat is om fisioterapie te studeer nie, het sy haar tweede beroepskeuse aanvaar, naamlik om 'n 'Erzieherin' te word. Dit sou haar amptelik kwalifiseer om óf 'n kleuterskoolonderwyseres óf 'n ondersteuningswerker in 'n kinderhuis te word. Hierdie opleiding het haar in 1967 na die stad Stuttgart gebring, die einste stad waar ek 'n groot deel van 1969 sou deurbring. HOOFSTUK 3 BLY WEG VAN DIE POLITIEK! Ek kan nie sê dat voorbereidings vir Duitsland my grootste prioriteit was in die maande voor my beplande vertrek nie. Ek het les gegee en terselfdertyd my studies voltooi vir 'n B.A. graad. In die somervakansie aan die einde van die jaar het ek van een jeugkamp na die volgende gespring in plaas daarvan om my kennis van die Duitse taal op te knap. Net voor my vertrek in Januarie 1969 het dieselfde biskop wat my 'n paar maande tevore by daardie begrafnis uitgedaag het, my ernstig gewaarsku om weg te bly van politiek terwyl ek in Duitsland sou wees. Daar was gerugte dat agente van die apartheidsregering ook goed oorsee besig is. Terwyl ek van 1965-1968 in Bellville onderwys gegee het, het ek probeer om die idee van rassegelykheid by my leerlinge tuis te bring. Ek sou herhaaldelik vir hulle sê: ‘Ons is nie minderwaardig teenoor die 'Blankes' nie, maar ook nie beter as 'Swartes' nie’. Daarom was dit heel konsekwent toe ek my onderwyserskollegas teëgestaan het wat net belang gestel het vir salarispariteit met 'Blankes'. Ek het myself ongewild gemaak en voorgestel dat ons eerder moet veg vir salarisgelykheid met 'Swartes'. Ek was egter nie bewus van hoe diep die gesetelde idees in die Suid-Afrikaanse ‘Kleurling’ samelewing was nie – ja, selfs in my eie hart. Die toets het al begin toe ek Suid-Afrikaanse bodem verlaat het in Januarie 1969. Alhoewel daar geen apartheid op die stoomboot genaamd die Pendennis Castle was nie, het ek so minderwaardig gevoel dat ek dit nie eers durf waag het om die swembad te gebruik terwyl die 'Blankes' nog in die water was nie. In Duitsland 'n paar weke later was ek geskok toe 'n baie donker Wes-Afrikaan van Togo die kamer binnekom by 'n konferensie wat ek as gas bygewoon het. My onmiddellike gedagte was: ‘Wat maak hy hier?’ Ek het gerieflikheidshalwe vergeet dat ek ook 'n gas was wat in daardie konteks dus ook 'n vreemdeling was. Ek het gedink ek het my ingeskerpte rassisme heeltemal oorkom nadat ek sowat 18 maande in Europa was. Maar ek is toe skielik onkant betrap toe ek onverwags by 'n duikweg ‘n rasgemengde egpaar teë kom wat liefdevol hul hande vashou. My onmiddellike reaksie was: ‘Is hulle nie bang om gearresteer te word vir die oortreding van die Onsedelikheidswet nie?’ Later het hierdie persoonlike ervarings my gehelp om meer begrip te hê vir ander mense wat met diepgewortelde rasse- vooroordele geworstel het. As moedertaalspreker van die Germaanse taal Afrikaans, en nadat ek 'n jaar Duits in my graadstudie gehad het, was ek gou redelik vlot in die taal. Om 'n gekleurde Suid-Afrikaner te wees, het beteken dat ek gou bekendheid op die Suid-Duitse platteland verwerf het en genooi is om oor Suid-Afrika by verskeie geleenthede te praat. In my standaardtoespraak het ek gepraat oor die 'unieke probleme' van die land, wat ek gedefinieer het as die apartheidsregeringsbeleid, die gebrekk aan eenheid van die kerke en alkoholisme. Die Here het my geseën met insigte wat nogal geblyk het om profeties te wees. Ek het gebed voorgestel as 'n oplossing vir die probleme – ek het vurig geglo in die krag van gebed, hoewel ek nooit self 'n groot intersessor was nie. Dit was uiteraard die gevolg van die mentorskap en onderrig van dominee Piet Bester en die invloed van enkele vurige voorbidders van die Moria Sendingkerk. Sonder om besondere moeite te doen, het ek aanvanklik ag geslaan op Biskop Schaberg se waarskuwing om nie by politiek betrokke te raak nie. 'n Brief van my ouers in die middel van 1969 het dit alles egter in 'n oogwenk verander. Dit het my ontsettend geskok om te hoor dat ons familie 'n kennisgewing ontvang het dat ons ons eiendom in Tiervlei onder die dekmantel van 'krotbuurt-opruiming' sou verloor. Voordat ek Suid-Afrika verlaat het, het ons 'n gerug gehoor dat ons eiendom (die huis waarin ons gebly het en die omliggende stuk leë grond wat geskik was vir ontwikkeling) aan 'n sakeman van Bellville-Suid aangebied is. Omdat ons soliede baksteenhuis geensins na die sinkhuisies gelyk het wat 'n mens gedink het vir krotbuurt-opruiming sou kwalifiseer nie, moes ons nou besef dat die gerug wat ons aanvanklik as ongegrond afgemaak het, in alle waarskynlikheid waar was. Wat my regtig kwaad gemaak het in my ma se brief was die feit dat sy iets genoem het oor ‘die wil van die Here’. Ek kon dit eenvoudig nie so sien nie! In my oë was dit niks anders as blatante, moedswillige diefstal deur die Parow Munisipaliteit nie. Ek het sterk gevoel dat dit nooit toegelaat sou word as dit nie vir die onregverdige apartheid-geïnspireerde regeringspraktyke was nie. In my woede het ek myself net-net gekeer om by die gewapende stryd teen die apartheidsregering aan te sluit. Ek het toe ’n sterk protesbrief aan die Parow munisipaliteit geskryf. Ek kon nie meer omgee as die regering my paspoort sou intrek of enige ander strafmaatreëls sou toepas nie. Ek het amper die mense by die munisipaliteit uitgenooi om die inligting wat ek in die brief gestuur het, aan die owerhede in Pretoria deur te gee. Ongelukkig het my protesbrief geen sigbare effek gehad nie. 'n Paar maande nadat ek dit geskryf het en terwyl ek nog in Duitsland was, is my gesin gedwing om ons huis te ontruim. My ouers het na die sendingstasie Elim verhuis, wat op daardie stadium die mees suidelike dorpie op die Afrika-kontinent was. My pa het 'n soort 'trekarbeider' geword, wat huis toe gegaan het, om een ​​naweek per maand by sy vrou in Elim te wees. Dit, saam met die verlies van ons eiendom waarvoor hy so hard gewerk het, het vir hom te veel geword. Dit het sy hart aangetas en hy moes vervroeg met pensioen gaan. Toe my ouers na Elim verhuis, het natuurlik minder nuusbrokkies oor my doen en late in Duitsland die Tiervlei-gemeenskap bereik waar ons gewoon het. Hiermee het die gebedsondersteuning van die stryders daar begin afneem. Gedurende hierdie tyd van hulle verhuising na Elim, en in my bitterheid rondom daardie situasie, het baie van my aanvanklike sendingywer duidelik verminder. In plaas daarvan het ek amper roekeloos geraak in my opposisie teen die Suid-Afrikaanse regering. Ek was hierna baie krities teenoor die regime, en het nie gehuiwer om my mening in die openbaar te uiter nie. Ek het die sterk wrok wat ek gevoel het daarmee geregverdig dat ek die volste reg gehad het om so te voel. Die enigste beperking met betrekking tot die inhoud van my toesprake oor Suid-Afrika was 'n morele en godsdienstige een. Ek wou wel verantwoordelik optree as 'n volgeling van Jesus in alles wat ek gedoen het. HOOFSTUK 4 DIE DONKERKOP VAN MÜHLACKER Ek het pas drie-en-twintig geword toe ek Suid-Afrika verlaat het. Liefdesake het 'n groter rol in my lewe begin speel, aangesien verskillende maats besig was om te trou. Tog was ek nogal vasberade om nie in Duitsland verlief te raak nie. Ek was vasbeslote om na Suid-Afrika terug te keer om op een of ander manier ’n betekenisvolle bydrae tot rasseversoening te lewer. As gevolg van die heersende wette sou dit beteken het – as ek met 'n 'Blanke' Duitser sou trou - dat ek nie na my tuisland kon terugkeer nie. Ek het 'n sterk roeping ervaar tot 'n taak en bydrae tot rasseversoening in Suid-Afrika. Weloorwoë was ek daarvan oortuig dat ek 'n groter bydrae daar sou kon maak in hierdie opsig as in enige ander land. Gevolglik wou ek nie te lank in Europa bly nie. Ek het my verblyf in Duitsland hoofsaaklik beskou as 'n geleentheid om te studeer, maar dit was ook gekombineer met sendingywer. By byna elke geleentheid wanneer ek gevra is om te praat, het ek gepraat oor die rol van die CSV in my lewe, met verwysing na die leuse 'Maak Jesus Koning'. Sommige Duitsers was nogal geskok oor hierdie idee. Hoe lyk dit dan nou asof hulle 'Christelike' land kwansuis sendelinge van Afrika nodig het? Ek het my heelhartig in hierdie siening verdiep en elke geleentheid wat ek gegee is om by verskeie geleenthede te praat, het ek aangegryp. My voorneme om nie op enige Duitse meisie verlief te raak nie, is versterk na 'n paar weke in Europa toe ons 'n Protestantse instelling besoek het met al die kenmerke van 'n klooster in die dorpie Selbitz. Die lewensstyl van hierdie Christene het my uitgedaag om 'n selibaatlewe te oorweeg, iets waarmee ek nog nie voorheen gekonfronteer was nie. Ek het myself egter te goed geken. Ek wou nie vir die res van my lewe enkellopend bly nie, en dus het ek op 'n kompromie besluit: Ek het my 'jeug' aan die Here opgedra, met die voorneme om 'n vrygesel te bly tot die ouderdom van dertig. In hierdie opsig sou ek faal! In Mei 1970 het 'n donkerkop skoonheid met die naam van Rosemarie in my lewe ingestap. Ek het verlief geraak soos nog nooit tevore nie. Rosemarie het saam met haar studentekollega en goeie vriendin, Elke Maier, na die EC, (Entschiedenes Chistentum/ Christian Encounter) jeuggroep gekom. Ek het toe al vir 'n geruime tyd die Woensdagaand-jeuggroep gereeld bygewoon.As 'n besoeker was sy gevra om haarself aan die groep voorgestel: ‘Rosemarie Göbel aus Mühlacker’. Haar skoonheid het dadelik 'n indruk op my gemaak. Daar was iets besonders aan haar, en iets vertroostend bekend in daardie lang swart hare wat skaars onder die Duitse meisies was. Ek was geïntrigeerd. Net toe die formaliteite van die aand verby was, het ek op die geheimsinnige meisie van Mühlacker afgepyl en met haar 'n praatjie aangeknoop. My belangstelling in haar het nog meer gegroei toe ek ontdek dat haar persoonlikheid perfek by haar uiterlike skoonheid pas. Toe ek die aand tuis kom waar ek in die jeugkoshuis geloseer het, borrel ek oor van opgewondenheid en wou dadelik vir my twee kamermaats in Stuttgart vertel van hierdie Rosemarie Göbel van Mühlacker. Aan my kant was dit so na aan 'liefde met die eerste oogopslag' as wat dit kon kom. Rosemarie het daardie aand by Elke in Stuttgart oorgebly omdat sy van plan was om die volgende dag die groot 'Ludwig Hofacker Konferenz' by te woon. Terloops, ek was ook van plan om na die konferensie saam met 'n groep studentekollegas te gaan. Dit was vir my meer as blote toeval dat ons op dieselfde oomblik te midde van honderde mense by dieselfde ingang van die reusagtige Killesberg-ouditorium op dieselfde oomblik instap. Op onhoflike wyse het ek die groep studentekollegas waarmee ek gegaan het, in die steek gelaat om my kans te waag om Rosemarie 'n bietjie beter te leer ken. Sonder te veel nadenke het ek haar en Elke vrypostig na hul sitplekke vergesel en die eerste helfte van die konferensie daar bly sit. Dit het ons die kans gegee om vriendelik te gesels voor die verrigtinge begin het. Ek was verslae toe Rosemarie ná middagete nie na haar sitplek langs my terugkeer nie. Aangesien ons nie 'n geleentheid gehad het om adresse of telefoonnommers uit te ruil nie, het Rosemarie net so vinnig uit my lewe verdwyn as wat sy ingestap het. Ek het later verneem dat Elke nie so ingenome was met die feit dat Rosemarie so baie met my gepraat het tydens die konferensie nie en haar in die proses amper heeltemal geïgnoreer het. Rosemarie het uit getrouheid aan haar vriendin verkies om nie terug te keer na haar sitplek langs my nie, om eerder iewers anders saam met Elke te gaan sit. As gevolg hiervan het ek en Rosemarie ná die konferensie kontak met mekaar verloor. Tydens die Europese somervakansie het Rosemarie weer die EC-jeuggroep in Stuttgart bygewoon waar ons die eerste keer ontmoet het, maar dit het toevallig op 'n dag geval waarop ek nie teenwoordig was nie. Rosemarie het in hierdie tyd 'n keuse gehad tussen twee sentrums waar sy die praktiese deel van haar opleiding sou kon doen. Die verskil tussen die twee instellings was groot. By die Ludwigsburger Höhe kon sy 'n splinternuwe ultramoderne woonstel tot haar beskikking hê, maar in Stuttgart by die Skool vir Blindes sou sy met moeilike werk en 'n piepklein kamertjie gekonfronteer word. Nadat sy daaroor gebid het, het sy geweet dat sy laasgenoemde opsie moet neem alhoewel die toestande duidelik minderwaardig en moeiliker sou wees. Hoe bly is ek dat sy gekies het om in Stuttgart te bly. Maande later, amper gelyktydig met my Grieks-eksamen wat twee weke voor my terugkeer na Suid-Afrika plaasgevind het, het Rosemarie weer in my lewe ingestap. Tot my vreugde het sy die aand weer by die EC-jeuggroep aangesluit toe ons 'n evangelisasieveldtog in 'n groot tent in 'n ander voorstad bygewoon het. Ek het dadelik gesien hoe sy inkom saam met ander jongmense wat nie bewus was van die verandering van die ontmoetingsgeleentheid hierdie aand nie. Die byeenkoms was alreeds op hierdie stadium aan die gang toe hulle binnegekom het. Ons jeugleier het ons gevra om kort na die einde van die vergadering bymekaar te kom om 'n uitreikgeleentheid die volgende Saterdag, te bespreek. Terwyl ek daar sit en luister na die aankondigings en bespreking, het Rosemarie in die ry voor my gesit. Ek het besluit om nie weer kontak met haar te verloor nie. Uit vrees dat ek haar dalk nooit weer sou sien nie, het ek 'n taamlik onkonvensionele metode gebruik: Ek het my telefoonnommer op 'n stuk papiertjie gekrabbel en dit stilletjies aan haar gegee. Rosemarie was egter nie beïndruk met hierdie gebaar nie! Sy moes hom bel? Dit was nie juis haar idee van ridderlike gedrag nie! Soos dit geblyk het, was my tweederangse optrede eintlik nogal onnodig. Rosemarie het 'n saamrygeleentheid gehad met die leier van die EC-groep. Na afloop van ons besprekeing het ek opgemerk hoe sy buite staan en wag. Ek het haar naam uitgeskree en haar vrypostig 'n saamrygeleentheid aangebied in ons Volkswagen Beetle. Daar was al drie ander mense in die karrtetjie waarin ek was, maar daar was natuurlik nog genoeg plek vir daardie spesifieke jong dame! My selfgeldende kamermaat was ook saam met ons in die kar op pad huis toe en hy het met Rosemarie gesels op 'n manier wat my laat vermoed het dat hy ook dalk in haar belangstel. Toe ons die volgende dag na ons kollege stap, het hierdie einste kamermaat van my gespog dat die pragtige Rosemarie Göbel vir hom gewaai het toe hulle haar by die Skool vir Blindes afgelaai het. Ek het dalk sy borrel gebars toe ek hom prontuit vra of hy seker weet dis vir hom vir wie sy gewaai het. Die antwoord op daardie vraag het die volgende dag gekom, toe Rosemarie my gebel het na aanleiding van my versoek. Dit het geblyk dat dit nie vir haar 'n maklike besluit was nie. Sy was 'n bietjie verbouereerd deur my voorbarige houding en dat sy my moes bel, maar sy het my gesprek by die konferensie in Mei terdeë geniet, en het uiteindelik besluit om my die voordeel van die twyfel te gee. Ons het daardie dag nogal lank oor die telefoon gesels en dit het gelyk of ons 'n regte konneksie gehad het. Ek het haar genooi om 'n geleentheid by te woon wat deur die Wycliffe Bybelvertalers aangebied sou word nog daardie selfde aand. Haar reaksie was verstommend: ‘Ek wou al van my kinderdae 'n sendeling word!’ Vir my was dit ‘n duidelike bevestiging dat ek niemand anders as my toekomstige eggenote wou hê nie. Rosemarie, hoewel gretig om dit by te woon, was onseker of sy dit sou kon maak. Sy het daardie dag 'n laat skof by die Skool vir Blindes gehad, en was nie seker of sy iemand sou kon kry om met haar te ruil nie. Ek het aangeneem dat dit die geval moes gewees het toe ek haar die aand nie by die geleentheid kon opspoor nie. Toe dinge bietjie begin sloer na die einde toe, het ek vir my kamermaat, wat as vrywilliger op die verhoog gaan sit het (hy het altyd die kollig geniet), beduie dat ek teruggaan kamer toe. Dit het beteken dat hy op sy eie terug moes kom. Ure later, toe ek reeds in die bed was, het hy my gretig vertel van die opwindende aand wat hy so pas gehad het. Van die verhoog af het hy gesien hoe Rosemarie laat inkom en ná die vergadering het hulle gesels. Nie net het hulle glo ‘eeue’ gepraat nie, maar hulle stap toe saam na die tremstasie. Die trem het nie so vinnig soos gewoonlik opgedaag nie, en dus het hulle nogal lank gewag en kon langer gesels. Ek het daarna gesukkel om weer aan die slaap te raak! Die prentjie van hulle twee wat tot laat in die nagtelike ure saam tyd deurbring, het oor en oor in my gedagtes afgespeel. Ek was so deurmekaar. Net daardie oggend het dit nog gelyk of sy soveel belangstelling in my getoon het toe ons oor die telefoon gepraat het. En nou het sy soveel tyd saam met my 'speler' kamermaat bestee? Het ek haar verkeerd ingeskat? Die volgende dag het ek besluit om eens en vir altyd uit te vind wat aangaan. Ek het geweet dat ek tot oor my ore verlief was op haar, daarvan was ek seker. Hoe sy oor my gevoel het was egter 'n raaisel. Ek het haar gebel om haar te vra of ek haar die middag by die treinstasie kon ontmoet. Ek het geweet dat sy daardie naweek na haar ouers in Mühlacker sou gaan en ek was dankbaar toe sy instem. Ons het by die Schlosspark, 'n romantiese park naby die stasie ontmoet, en het daar 'n tydjie gesels. Ek was oorweldig deur hoe baie ek Rosemarie bewonder het tot die punt waar ek nie meer my gevoelens vir myself kon hou nie: ‘Ich liebe dich!’ (ek het jou lief!). Rosemarie het gereageer deur haar kop op my skouer te lê. Met 'n diep sug het sy gesê: ‘O, Ashley.’ Haar lyftaal het verklap dat haar gevoelens wedersyds was. Met 'n swaar hart het sy egter vertel dat haar ouers nie gelukkig sal wees as ons in 'n liefdesverhouding betrokke sou raak nie. Dieselfde Vrydagaand het Rosemarie saam met haar ma na 'n simfoniekonsert gegaan. Tydens die pouse het Rosemarie haar moeder vertel van haar liefde vir my, 'n Afrikaanse student. Die besorgde mevrou Göbel het geweet dat die situasie 'n krisis tuis sou ontketen. Uit vrees vir 'n uitbarsting van haar man het sy dadelik die verhouding teëgestaan en Rosemarie versoek om my nie weer te ontmoet nie. In haar hart was Rosemarie ongelukkig oor hierdie verwikkeling, maar haar ma het volgehou. My liefling was min of meer gedwing om in te stem dat haar pa onder geen omstandighede van ons verhouding moes hoor nie. Hy het in die verlede sy mening aan haar baie duidelik gemaak. Het hy haar nie gewaarsku om nooit met 'n vreemdeling of 'n predikant bevriend te raak nie? En daar was ek – ’n Afrikaan in opleiding om ’n predikant te word, besig om sy dogter die hof te maak. Rosemarie het haar ma se wens gerespekteer om my nie te ontmoet voor my terugkeer na Suid-Afrika nie. Gelukkig het mev Göbel ons toegelaat om mekaar te bel. Sy het geredeneer dat dit onwaarskynlik was dat dinge ernstig genoeg sou raak vanweë my vertrek kort daarna. So het sy gehoop dat haar man nooit daarvan te hore sou kom nie. Omdat Rosemarie nou nie meer tuis gewoon het nie, kon sy my bel sonder dat iemand 'onraad' merk. Ons het byna elke dag gedurende daardie twee weke oor die telefoon gepraat. Alle plaaslike oproepe het as 'n enkele eenheid getel, ongeag die tydsduur. Ons het die tyd uitgekoop met baie lang oproepe. Op hierdie manier het ons mekaar redelik goed leer ken. Om die waarheid te sê, ons het soveel tyd op die telefoon deurgebring dat die ander bewoners van ons koshuis gekla het dat ek die lyn versper! Rosemarie is nie toegelaat om my afskeid by die EC-groep by te woon nie. Daardie aand het ek die jong Duitsers twee koortjies bygebring: ‘My Lord can do anything’ en ‘By U is daar niks onmoontlik, Heer’. Ek het hierdie twee liedjies gekies sonder om veel oor die inhoud na te dink. Tog sou hierdie twee koortjies in die daaropvolgende maande so baie vir Rosemarie en my beteken. Deur middel van 'n recente tegnologiese ontwikkeling van daardie tyd het ek 'n oudio-opname gemaak van die jeugbyeenkoms. Ek het dadelik vir Rosemarie die opname van die aand se verrigtinge gestuur op 'n kassetbandjie. So kon sy ook die twee koortjies leer wat ek daardie aand vir die jeuggroep geleer het. Die twee refreine het dieselfde boodskap bevat: Vir ons Heer is niks is onmoontlik nie. Vanuit 'n objektiewe perspektief het die vooruitsig van ons intense wedersydse liefde hopeloos gelyk. Ek was op die punt om permanent terug te keer na my land van herkoms, en Rosemarie se pa sou in elk geval die verhouding verbied het. Ons het geen ander keuse gehad as om in geloof styf vas te hou dat ons Heer enigiets kan doen. 'n Voorsmakie van die wonderwerk wat nog sou gebeur, het net voor my vertrek plaasgevind. Toe Rosemarie die volgende naweek weer huis toe gaan, het haar moeder aan haar toestemming gegee om my weer te sien. Rosemarie en ek is toe saam na 'n uitvoering van Händel se Oratorium 'Messias'. Ons was diep geseën toe ons na die woorde van die profeet Jesaja kon luister: Elke dal sal opgevul word... Ons het gretig en liefdevol na mekaar gekyk en die belofte op ons persoonlike omstandighede toegepas. Hoe het ons verlang na die vervulling van hierdie bybelvers op ons situasie! Mev Göbel het Rosemarie ook toegelaat om my te vergesel na die Stuttgart-lughawe saam met my klasmaats. Maar ons tweetjies was beslis nie gelukkig toe ons tyd saam op die lughawe kortgeknip is nie, want ek moes 'n vroeër vlug na Frankfurt neem vanweë 'n nuwe bedreiging: vliegtuigkapings. Die vlug van Stuttgart na Frankfurt was die heel eerste keer dat ek die binnekant van 'n vliegtuig gesien het. Ek het Rosemarie vir ‘n laaste keer vanuit Frankfurt gebel. Ons het saam oor die telefoon gebid en die twee spesiale weke afgesluit deur mekaar te bemoedig met die woorde ‘My Lord can do anything’ en ‘By U is daar niks onmoontlik, Heer’. Dit het ons 'n gevoel van hoop gegee toe ons omstandighede so massief soos 'n berg voor ons gestaan het. Ja, in geloof het ons vertrou dat God ons twee groot struikelblokke sou hanteer: Die beswaar van haar ouers teen ons verhouding sowel as die wetlike verbod daarop in my tuisland, Suid-Afrika. *** HOOFSTUK 5 LOVE GROWS WHERE MY ROSEMARIE GOES Toe ek in Oktober 1970 na Suid-Afrika teruggekeer het, het ek geen twyfel gehad dat Rosemarie Göbel die meisie was met wie ek wou trou nie. My vasberadenheid om nie betrokke te raak by 'n verhouding wat tot ‘n huwelik kon lei terwyl ek in Duitsland was, was dus effektief vernietig. ’n Nuwe vasberadenhied het in my hart gegroei. Ek wou die wet beveg wat haar verhinder om Suid-Afrika toe te kom as my vrou. Teen hierdie tyd het ek my begin klaar maak om die Morawiese Seminarie as 'n voltydse student vanaf die begin van die volgende jaar by te woon. Intussen het ek 'n onderwyspos by Hoërskool Alexander Sinton in Athlone aanvaar. Ek het 'n kollega vervang wat gedurende die laaste skoolkwartaal van 1970 in die hospitaal was. Ek was so opgewonde oor my nuutgevonde romantiese verhouding dat ek elke geleentheid aangegryp het om ons spesiale storie te vertel. Selfs menige leerder by die skool moes dit hoor. Toe een van hulle my daarop wys dat daar 'n popliedjie was wat die rondte doen met die woorde ‘Love grows where my Rosemary goes’, het my hart instemmend gebons. In die eerste paar weke het ons lugposbriewe vinnig na mekaar heen en weer tussen Kaapstad en Stuttgart gevlieg. Ek het omtrent oor alles geskryf waarmee ek besig was, en geskryf by spoorwegstasies en op treine, en Rosemarie se briewe gelees en herlees op allerhande plekke. Maar dit was nie lank nie of ek was meegesleur deur die rassepolitiek van die dag. Hoe gretig was ek tog om aan die slag te gaan met die taak om te werk aan rasseversoening in my geliefde land. Reeds in Duitsland het ek besluit dat, sodra ek terug is in Suid-Afrika, een van die eerste dinge wat ek sou doen, was om by die Christelike Instituut (CI) aan te sluit. Dit was 'n organisasie wat apartheid teengestaan ​​het deur Christene van verskillende rasse bymekaar te bring. Beïnvloed deur my intensiewe leeswerk oor die ervarings van Martin Luther King in sy stryd om rassegelykheid in die suidelike state van die VSA, het ek 'n plan van aksie gereed gehad. Ek het geglo dat ons ons eenheid in Christus as mense van verskillende rasse sigbaar moes demonstreer, en bereid moet wees om die gevolge te dra, indien nodig. In konkrete terme het dit beteken om gereed te wees om gearresteer te word in die stryd teen die onregverdige raswetgewing. By die CI kantoor in Mowbray het ek my vriendskap met Paul Joemat, my mede-Morawiese rebelle-sielsgenoot hernu. Daar het ons gehoop om kontak te maak met jongmense van ander rasse wat ons visie gedeel het om die onchristelike apartheidsbeleid aktief teen te staan. By die heel eerste ontmoeting met ander jongmense wat aan die CI gekoppel was, het ek voorgestel dat ons saam 'n treinrit kon neem. Ons kon in 'n 'nie-Blanke' wa klim en dan saam deur te stap na die 'Wit' kant. Hierdie rebelse gebaar kon heel moontlik tot tronkstraf lei, maar ons was gereed om die regering so in die verleentheid te bring. Ongelukkig het die ‘Wit’ landgenote nie saamgestem nie en ons daarop gewys dat dit CI-beleid was om binne die perke van die landswette te bly. Paul en ek was te naïef om te verwag dat 'Blanke' jongmense bereid sou wees om gearresteer te word. Ek was ontnugter want die basiese beginsel van my redenasie het weggeval: Ek het vurig geglo dat om dinge saam te doen as gelowiges van verskillende rasse, die mees effektiewe opposisie teen apartheid sou wees. Dit was ook my oortuiging dat ons verenigde opposisie sigbaar moes wees, en dat dit die oortreding van die betreurenswaardige rassewette sou insluit. Ek moes egter nou ontnugterend vasstel dat ek te veel verwag het van die grootste deel van die middelklas ‘Blankes’. Selfs in die ‘Kleurling’ samelewing van die dag het dit steeds te veel van 'n stigma behels om in die tronk te beland – selfs al was dit vir 'n goeie doel. Paul en ek het daarna opgehou om die CI-jeugbyeenkomste by te woon. Alhoewel ek glad nie bereid was om die stryd teen apartheid op te gee nie, was ek nou meer emosioneel betrokke by my interkontinentale romantiese verhouding. Vir 'n geruime tyd was ek hierna nie aktief betrokke om rasseversoening te probeer bewerkstellig nie. Trouens, ek het so vlam gevat in my liefde vir Rosemarie dat ek reeds my terugkeer na Duitsland begin beplan het om haar so gou as moontlik weer te sien. Ek het my eie probleme in Duitsland veroorsaak, omdat ek daar redelik uitgesproke was oor my begeerte om terug te keer na Suid-Afrika om my mense te dien. In 'n nuusbrief aan vriende in Duitsland gedateer 22 Desember 1970 het ek vanuit my ouers se nuwe tuiste ná hul verhuising na die sendingstasie Elim, geskryf: Ek hoor alreeds jul vraag: Jy het altyd beweer dat jy jou plig in Suid-Afrika sien en nou het jy verlief geraak op 'n Duitser? Ek het my in dieselfde nuusbrief met slim semantiek verdedig: Dit is nie soseer dat ek verlief geraak het nie, maar dat GOD hierdie besonderse liefde aan ons geskenk het. Ek het in daardie nuusbrief daarop gewys dat as ek my eie sin kon kry, ek baie vroeër na Suid-Afrika sou teruggekeer het en dan sou ons mekaar twee weke voor my terugkeer in Oktober 1970 nie weer ontmoet het nie, veral nadat ons aanvanklik kontak verloor het met mekaar. Tydens daardie selfde Desember-besoek aan Elim het ek my romanse met Rosemarie aan my neef John Ulster verklap. Hy was destyds die predikant en superintendent van die sendingstasie en dit was hy wat die vanselfsprekende aan my uitgewys het: Ek moes kies tussen Suid-Afrika en Rosemarie. Ek was egter vasberade dat ek albei wou hê. Dit moes baie dom en naïef geklink het. ‘n Huwelik tussen 'n ‘Blanke’ en iemand van 'n ander ras was heeltemal buite die kwessie in ons land. Maar ek was egter heeltemal te verlief om haar so maklik op te gee. Ek was vasberade. Ek wou veg om Rosemarie in Suid-Afrika te kry, al het die idee vir almal gek geklink. Aangesien Rosemarie op hierdie tydstip nog by die Skool vir Blindes in Stuttgart gewoon het, kon ons korrespondeer sonder dat haar ouers daaroor ontsteld raak. Rosemarie het aanvanklik die belofte nagekom om die inligting van haar pa te weerhou, maar sy het dit wel met Waltraud, haar enigste suster, gedeel. Waltraud was op daardie stadium aan Dieter Braun verloof en alles was gereed vir hul troue 'n paar maande later. Baie kennisse aan weerskante van die ewenaar was nogal skepties oor ons verhouding, en het gewag dat die nuutheid van ons nuutgevonde liefde sou kwyn soos die tyd verbygaan. Van my kant af het ek egter geen behoefte gevoel om iets te bewys nie. Ek was so seker van ons sterk liefde. Rosemarie het egter intense eensaamheid ervaar. Behalwe haar vriendin Elke, het niemand oorsee blykbaar begrip getoon nie. Sy het in een van haar briewe geskryf: Ja, Schatz, ek het soveel teleurstellings ervaar van mense van wie ek dit die minste verwag het. Ek kan selfs sê dat almal met wie ek oor jou gepraat het, negatief gereageer het, gelowiges sowel as nie-gelowiges. Dikwels is dit baie moeilik, want hulle gebruik argumente wat ek nie kan weerspreek nie... Dikwels moet ek hoor, ‘Jou liefde sal ophou, veral wanneer die fisiese omstandighede ondraaglik raak. Sou Rosemarie se vriende my briewe aan haar gelees het, sou daardie sentimente bevestig gewees het. Ek het Rosemarie hartseer besorg met my naïewe ‘eerlikheid’, byvoorbeeld om te skryf oor meisies in Kaapstad waarvan ek gehou het, maar wat nooit met my liefling in Duitsland kon meeding nie. Toe sy belangstelling van plaaslike jong mans begin ontvang het, wat ook gehoop het dat sy mettertyd van die Afrika-jongman sou vergeet, het sy my dieselfde bitter medisyne gegee. Ek was egter te naïef om enige gevaar te sien aankom. Met die geld wat ek deur my onderrig verdien het, wou ek haar so gou moontlik besoek. Ek het geweet dat die raad van my neef, John Ulster, realisties was: Ek moes kies. Ek kon nie beide die meisie en die land hê wat ek liefgehad het nie. Nietemin het ek op een of ander manier steeds gehoop om Rosemarie na my geliefde vaderland te bring. Daar was natuurlik ook daardie ander taamlike groot haakplek: Rosemarie se pa het nog steeds nie geweet van ons verhouding nie. Die geheimhouding het vir my liefling amper ondraaglik geword terwyl ons dit so begeer het om as kinders van die Lig te lewe. Sy het geweet dat sy vroeër of later aan haar pa die waarheid moes vertel. Op Kersdag 1970 het Rosemarie geskryf: Ek het eers gedink ek sal wag om my pa van ons liefde te vertel totdat sekere dinge in sy lewe sou verander. Ek kan egter nie langer wag nie, want ek kan hierdie verantwoordelikheid nie langer verdra nie. Ek weet hoe hy dink. Dit is heel moontlik dat hy my sal verbied om vir jou verder te skryf. Daar was 'n voorsmakie van die moontlike reaksie van haar pa 'n paar dae later, toe Rosemarie gereed was om te vertrek vir 'n week-lange jeugkonferensie in die dorpie Liebenzell aan die einde van 1970 . Die dorpie, geleë in die Swartwoud, is welbekend in Suid-Duitsland vanweë die sendinggenootskap wat daar geleë is. Haar pa het haar gewaarsku: ‘Sorg net dat jy nie op ’n sendeling verlief raak nie. Anders beland jy dalk nog in Afrika of wie weet waar, net om deur die inheemse inwoners uitgegooi te word.’ Sy het verwag dat hy sou ontplof as hy hoor dat sy dogter verlief is op iemand wat in sendingwerk belangstel, en nogal een wat 'n boorling van Afrika is! My liefling was geweldig desperaat toe sy na die konferensie vertrek het. dit het haar verwarring vererger. My Schatz (liefling) het gedink dat sy geen ander keuse gehad het as om ons vriendskap te beëindig nie. Die laaste dag by die kort konferensie in Liebenzell was egter vir haar 'n rooiletterdag. Op 5 Januarie 1971 skryf sy: Daar is baie briewe wat ek begin skryf het, maar weer opgeskeur het, omdat ek ontdek het dat ek nie eerlik was nie. Toe ek begin bid, kon ek om een of ander rede nie verder kom as: ‘Here, U sien hoe lief ek hom het. U kan tog nie van my verwag om hom op te gee nie?’ Maar ek het geweet dat dit presies was wat God van my verlang; om bereid te wees om jou los te laat. In die nag kon ek nie slaap nie, want ek was heeltemal gefrustreerd. Die blote idee van 'n opoffering het my amper tot waansin gedryf. En tog het ek geweet, om weer vrede te vind, moes ek deur dit alles kom. Toe het sy voortgegaan om oorwinnend te skryf: … Ek het die krag van Jesus aangevoel sodat ek uiteindelik kon sê: ‘Ja, Here, ek wil volkome aan U gehoorsaam wees. Ek sal Ashley aan U teruggee as U dit van my verlang.’ Daarna het ek innerlike vrede gevind en ek het geweet dat ek dieselfde dag vir my pa van jou sou vertel. Met hierdie gevoel van vrede in haar hart het Rosemarie na hul huis in Mühlacker teruggekeer, vasbeslote om dieselfde dag aan haar pa van ons verhouding te vertel. Soveel as wat die gedagte om my moontlik te verloor haar seergemaak het, het sy geweet dat die keuse van haar eie pad bo dié van God se weg haar uiteindelik nog meer sou seermaak. Maar om een of ander rede kon sy haarself net nie sover kry nie om haar voorneme uit te voer om dadelik vir haar pa te vertel van haar liefde vir my, 'n teologiese student in Afrika. *** HOOFSTUK 6 VER VAN MEKAAR In Januarie 1971 het ek my voormalige Afrikaanse onderwyser, mnr Adam Pick, raakgeloop. Hy was nou hoof van die Hoërskool Elswood. My reputasie as 'n 'bo-gemiddelde' Wiskunde-onderwyser het op een of ander manier die rondte gedoen en hy het my dadelik gevra om by sy skool te kom skoolhou. Dit het as 'n bietjie van 'n onverwagse versoeking gekom, aangesien ek reeds uit die onderwysberoep bedank het om teologiese studies te volg. Omdat hy self 'n Morawiër was, het hy egter geweet dat die seminarie wat ek van plan was om by te woon pas na Kaapstad verhuis het na die Groepsgebiede Wet onteiening van die kerk se eiendom in Port Elizabeth. Hy het saad in my hart gesaai en voorgestel dat ek ook deeltyds teologie kon studeer. Dit is presies wat ek toe besluit het om te doen vir 'n jaar en daarna na voltydse studie oor te stap. Ek het gou 'n voltydse onderwyspos by die Hoërskool Elswood in Elsiesrivier aanvaar en dit duidelik gemaak dat ek net vir 'n jaar gaan skoolhou. My ouers het nou in Elim gewoon terwyl my suster en haar gesin redelik ver van die skool in Elsiesrivier gewoon het. Ek het verblyf in daardie omgewing nodig gehad en mnr Pick het my aan 'n gesin voorgestel wat 'n buitekamer van 3 by 3 meter beskikbaar gehad het met een dubbelbed wat ek met my broer, Windsor kon deel. Hy het ook verblyf nodig gehad. Aan die binnekant van die deur het ek my kosbaarste besitting gehang: 'n foto van my geliefde Rosemarie. Ek het veral van die foto gebruik gemaak vir ons ‘Sondag rendezvous om 10:00 uur’. Ons het hierdie tyd opsy gesit om uitsluitlik vir mekaar te bid. Watter spesiale tye het ons in goddelike eenheid beleef alhoewel ons soveel kilometers van mekaar af was. So af en toe het ek op ‘n Sondagaand saam met my liefling gebid terwyl ek met die trein na die Sondagaand-simfoniekonsert by die Stadsaal met die trein teruggekeer het na Elsiesrivier. Tydens my onderwysopleidingsjare het ek my maandelikse treinkaartjie gebruik om daar te kom, en het dit nog steeds geniet om dit af en toe by te woon na my terugkeer na Suid-Afrika. Die konsert het om 20h45 begin en is as 'toegang gratis' geadverteer. Wat dit eintlik beteken het, was dat 'n mens 'n sitplek aan die agterkant van die ouditorium gratis kon gebruik. Daardie 'gratis' sitplekke was dikwels leeg, behalwe 'n handvol ‘Kleurlinge’ en 'n eensame ‘Swart’ man wat dit gereeld bygewoon het. Ek het nooit 'n enkele ‘Wit’ persoon teëgekom wat daar gesit het nie. Terug in Duitsland het Rosemarie dit gerade geag om minder gereeld huis toe te gaan om haar ouerhuis in Mühlacker te besoek. Die geheimhouding van ons verhouding het begin om sy tol te eis, veral op haar ma, wat diep verskeur was tussen haar liefde vir haar man en die getrouheid aan haar dogter met haar 'eiesinnige' keuse van 'n kêrel. Sy het egter ook met die moontlikhied gereken dat ek in die toekoms na Europa sou terugkeer. In 'n brief aan Rosemarie het sy met groot insig geskryf: ... Ek voel dat as Ashley eendag Europa toe sou kom, en jy nog steeds daaraan dink soos tans, dit die geleentheid sou wees om hom beter te leer ken. Dink aan hoeveel ander mense wat 'n tyd van afskeid en verwydering moet beleef. Soms vereis God 'n tyd van toetsing van ons. Intussen kan jy 'n paar bykomende dinge vir Sy diens leer. Sou julle Hom eendag saam dien, sal Hy sekerlik julle pad duidelik maak... Rosemarie se pa het egter nog steeds geen idee gehad van wat aangaan nie. Na 'n paar maande het die geheimhouding van ons verhouding mev Göbel so geraak dat sy uiteindelik in die hospitaal beland het met 'n ernstige galkwaal. Rosemarie was self ook op die rant van 'n senuwee-ineenstorting. Die spanning in die gesin het ondraaglik geword. Uiteindelik kon Rosemarie nie die feit ontwyk dat ons verhouding die rede vir alles was. Sy het geweet dat sy nie meer die waarheid van haar pa vir wie sy so lief was, kon weersteek nie. Op een van die seldsame naweke tuis het sy uiteindelik die moed bymekaargeskraap om hom van my te vertel. Sy het goed geweet dat dit hom geweldig seer sou maak. Soos verwag, was Papa Göbel verpletter omdat sy eie voorstelling van sy dogter se toekomstige lewensmaat hiermee verbrokkel het. Hy het oormatig en onbeheersd gehuil soos 'n kind, en dinge gesê wat 'n verantwoordelike ouer nooit vir hul kinders moet sê nie - skandelike dinge wat diep seermaak. Die jare van indoktrinasie tydens sy kinderjare en jeug het beslis sy tol geëis. Sy ideologiese wêreld van Ariese rasse-oorheersing het inmekaar gestort. Diep seergemaak deur haar pa se reaksie, het Rosemarie haar tas geneem en in trane uitgehardloop. Dit het haar ook in 'n geestelike krisis gedompel omdat sy gedink het dat die beëindiging van ons verhouding die enigste uitweg sou wees. Twee jong Kriegdienstverweigerer (gewetensbeswaardes), wat die plaasvervanger vir militêre diens by die Skool vir Blindes waar sy besig was met haar praktiese jaar, het na die stasie in Stuttgart gekom om haar na haar naweekuitstappie saam te neem. Maar sy was so ontsteld oor wat in die interaksie met haar pa gebeur het dat sy tranerig in die damesbadkamer by die treinstasie verdwyn het. Daar het Rosemarie vir my 'n brief geskryf waarin sy sê: Ek het nooit gedink dat ons verhouding op hierdie manier sou eindig nie. Ja, my skat, ek het alle hoop laat vaar dat ons mekaar ooit weer sal sien. Hoekom? Want ek kan dit nie meer vat nie. Die verantwoordelikheid teenoor my ouers is te groot. Ek het dit toe gepas geag om 'n formele brief van verskoning aan mnr Göbel te skryf. Maar eerder as om dit by 'n verskoning te los, het ek onsensitief versoek om weer met sy dogter te korrespondeer, maar nie in die geheim nie. Hy het ewe formeel geantwoord en die redes genoem waarom ek my verhouding met sy dogter moet beëindig. Uiteindelik het dit hierop neergekom: Hy het persoonlik niks teen my gehad nie, maar hy wou nie hê dat Rosemarie met iemand van enige ander nasie as Duitsland trou nie. Ek moes dit seker maar daar gelos het. In plaas daarvan het ek hom hardkoppig versoek om my toe te laat om die korrespondensie met Rosemarie by feestelike geleenthede voort te sit. Eties was dit betreurenswaardig. Ek het min of meer probeer om mnr Göbel te manipuleer. In dieselfde brief het ek brutaal voorgestel dat as ek nie 'n antwoord van hom kry nie, ek sou aanvaar dat hy daarmee akkoord gegaan het. Ek moes nog leer dat 'n mens 'n problematiese situasie kan vererger deur 'n kwessie af te dwing. Mnr Göbel was te kwaad om te antwoord, en het vir Rosemarie opdrag gegee om vir my 'n laaste brief te skryf om die verhouding te beëindig! Gevolglik het die spanning by die Göbel-huis in Mühlacker tot breekpunt toegekom en Rosemarie het besluit om op te hou om naweke huis toe te gaan. Die Göbel-gesin was in hierdie tyd baie besig met voorbereidings vir die naderende troue van Rosemarie se suster, Waltraud. Toe geen antwoord van mnr Göbel kom nie, het ek 'n totaal ongevraagde sug van verligting geslaak. Ek het afgelei dat ek nou kon voortgaan met die skryf van my dik brief vir die Paasfees naweek. Deur hierdie brief sou Rosemarie genoeg materiaal hê om te lees en te herlees tot Pinkster! Paasfees 1971 sou die eerste geleentheid vir ons onderlinge briewewisseling gewees het. Ek het myne gestuur, maar haar brief het nie op die verwagte tyd aangekom nie. Na 'n bietjie vertraging het 'n brief van haar uiteindelik opgedaag. As ek nie so naief was nie, moes die inhoud van hierdie brief my hewig ontstel het. *** HOOFSTUK 7 ‘N SKULDBELYDENIS MET ERNSTIGE GEVOLGE Voordat ek haar brief ontvang het, het ek in een van my briewe aan Rosemarie beken dat ek 'n ander meisie gesoen het. Ek het geglo in deursigtigheid. My gedrag was natuurlik in alle opsigte absoluut onaanvaarbaar. Ek het enersyds beweer dat ek so diep verlief was op Rosemarie (wat ek was!), maar tog het ek dit andersyds reggekry om 'n ander meisie te soen en die gedrag te rasionaliseer. Ek het regtig 'n paar dwase foute gemaak! Ek het egter geen idee gehad watter wêreld van kulturele verskil daar in hierdie verband bestaan het nie. Ek het geensins vermoed watter gevolge my skuldbekentenis sou ontlok nie. Met die lees van my onthulling het Rosemarie se wêreld byna inmekaar gestort. Haar aanvanklike reaksie was woede, wat vinnig in 'n diep voortslepende gevoel van teleurstelling verander het. ’n Storm van vrae oor my karakter het in Rosemarie se gemoed losgebars. Het sy my dan tog verkeerd opgesom? Juis op daardie kwesbare oomblik het 'n jong man met die naam Günther, wat al 'n geruime tyd in haar belanggestel het, haar die hof begin maak. Toe hy haar vra of sy graag een aand met hom sou wou uitgaan, het sy ingestem. Sy was verward en seergemaak deur my optrede, en het geredeneer dat een afspraak nie veel skade sou kon doen nie. In haar Paasbrief aan my het sy op bladsye 7 tot11 geskryf oor haar afspraak met Günther. Die res van die brief (tot en met bladsy 18) was egter vol van soveel liefde vir my dat ek geen probleem gehad het om die feit te aanvaar dat sy eenmalig met 'n ander man saam was nie. Ek was onder die indruk dat dit 'n soort episode was wat nou verby was. Ek was te verlief om te dink dat ek 'n ernstige mededinger kon hê. Hoegenaamd nie bekommerd oor haar brief nie, het ek in haar antwoord slegs 'n eerlike reaksie gesien, hoogstens 'n mate van wraak vir my skuldbekentenis. Günther het egter in meer as net 'n enkele afspraak belang gestel. ’n Intense worsteling in Rosemarie se hart het begin ontvou. Haar pa het haar duidelik opdrag gegee om vir my 'n laaste brief te skryf en die verhouding vir goed te verbreek en sy wou so graag aan haar pa gehoorsaam wees. Was Günther dalk God se antwoord vir haar? Rosemarie se verhouding met haar ouers het so gespanne geraak dat sy dit ernstig begin oorweeg het om 'n ernstige verhouding met Günther aan te gaan. In haar hart het Rosemarie nietemin steeds gehoop dat een of ander wonderwerk sou gebeur sodat sy met haar ‘eerste keuse’ in Afrika kon trou. Dit het meer en meer na 'n uiters onrealistiese droom begin lyk. Aan die Suid-Afrikaanse kant van die wêreld was daar natuurlik die onheilspellende ‘Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike’ wat enige huweliksverbintenis tussen ’n ‘Blanke’ persoon en iemand van ’n ander ras verhinder het. Die omstandighede was beslis nie in ons guns nie. In plaas daarvan om op God se ingryping te wag om ons huwelik moontlik te maak, het ek besluit om Hom ‘by te staan’. Ek het in 'n plaaslike koerant gelees van iemand wat rasgewys geherklassifiseer is; so iets kon natuurlik net in die apartheidsera gebeur! Dit het gelyk of dit my groot kans was. Ek wou eenvoudig nie die ‘realistiese’ keuse van Rosemarie of Suid-Afrika wat my neef John Ulster aan my gestel het, aanvaar nie. Om Rosemarie te laat herklassifiseer was 'n moontlike uitweg uit die doodloopstraat. Teoreties was daar ook 'n ander moontlikheid om die wetgewing te eerbiedig, as daar moontlik 'nie-Blanke bloed' in haar voorgeslagte opgespoor kon word. Maar navorsing wat reeds oor Rosemarie se stamboom gedoen is, het die teendeel getoon. Rosemarie het Europese afkoms sovêr as wat opgespoor kon word uit haar voorgeslagte! Intussen het ek ‘n brief aan mnr Vorster, die Eerste Minister, geskryf en navraag gedoen oor die prosedure om ‘n persoon te laat herklassifiseer. Die voorbehoud van een van my dosente dat ek daardeur erkenning aan die onsedelike rassewette van die land sou gee, kon my nie teë hou nie. Ek was te verlief. Ek wou met Rosemarie trou, en ek was bereid om te doen wat dit ook al sou verg, om dit te kon verkry. Ten spyte van my aktiewe strewe om 'n manier te vind om Rosemarie na Suid-Afrika te bring, was sy self nog lank nie gereed om so 'n verandering aan te durf nie. Die onvermydelike besware van haar familie om hul dogter na die Afrika-vasteland te laat gaan, was 'n te groot hindernis. In een van haar briewe het sy my gevra om te bid vir innerlike vryheid van die inhibisies wat sy self in hierdie verband gevoel het. Ek het geen probleem gehad met hierdie versoek nie. Ek het vertrou dat God haar siening op Sy tyd sal verander. Het sy nie vir my gesê dat sy al van kindsbeen daarvan gedroom het om na die sendingveld toe te gaan toe ek haar saamgenooi het na die aand by die Wycliffe Bybelvertalers geleentheid nie? Ek het doodgewoon volhard met my eie idees. Ek het die les heeltemal vergeet dat Sy weë hoër is as ons eie. Heeltemal onbewus van wat Rosemarie in haar Paasbrief te kenne gegee het, het ek voortgegaan om my volgende brief te skryf wat bedoel was om betyds vir Pinksterfees in Suid-Duitsland aan te kom. Ek het hierdie kerkfees tot die volgende ‘groot geleentheid’ verhef terwyl ek natuurlik net 'n geleentheid en 'n verskoning gesoek om 'n brief aan my Schatz te skryf. Pinkster het gekom en gegaan sonder 'n brief van my ‘bonny ovor the ocean’. Ek was 'seker' dat die Suid-Afrikaanse regering ingegryp het en ons posstukke onderskep het. Ek het aangeneem dat my navraag na die prosedure om iemand te herklassifiseer die regering dalk op 'n verkeerde manier op my spoor gesit het. Dit het vir my 'n oortuiging geword, veel meer as bloot 'n aanname of afleiding. Praktyke soos hierdie het tot die daaglikse gebeure van apartheid in Suid-Afrika behoort. As die maghebbers ons kontak op hierdie manier kon stop, sou hulle beslis nie gehuiwer het nie. Vermenging oor die kleurgrens, veral interaksie tussen die geslagte in hierdie opsig, was absoluut onaanvaarbaar. Nietemin was ek ook baie bekommerd dat iets met Rosemarie kon gebeur het. In my onrealistiese naïwiteit het ek nie eers die moontlikheid oorweeg dat my liefling dalk in 'n ander romantiese verhouding betrokke kon wees nie. As daar ooit enige bewyse nodig was dat liefde iemand kan verblind, was ek beslis die perfekte voorbeeld. Baie gou het Rosemarie vir Günther vertelvan haar langafstandverhouding met my. Sy het geweet dat hy baie ernstig oor haar was en wou hom nie mislei nie. Die verwarring in haar hart het vinnig gegroei. Sy het geweet dat Günther net die soort man was waarna haar ouers as skoonseun gesmag het. Hy was Duits tot op die been, intelligent en gekultiveerd, 'n ‘prim-en-proper gentleman’. Sy het in 'n geweldige dilemma beland toe die ma van die aantreklike jong vriend ernstig siek geword het. Hy het onskuldig aan Rosemarie gesê dat hy dit nie sou oorleef as hy beide Rosemarie en sy ma sou verloor nie. ’n Paar dae nadat Günther se ma oorlede is, het my liefling besluit om Günther bo my te kies. Sy kon haar nie meer 'n realistiese toekoms saam met my voorstel nie. Oorweldig deur simpatie vir Günther het sy die keuse gemaak wat gelyk het na die regte ding om te doen. Ek was natuurlik heeltemal onbewus van dit alles en het ongeduldig voortgegaan om op Rosemarie se Pinksterbrief te wag. Al maande hiervoor het ek formeel uit die onderwys bedank om voltydse pastorale werk te gaan doen. Net op hierdie tydstip het ek toe 'n tjek van die regering ontvang as terugbetaling van geld wat ek in die Staatspensioenfonds inbetaal het. Die bedrag van die tjek was min of meer net wat ek nodig gehad het vir die goedkoopste retoervliegkaartjie na Luxemburg. Na intense gebed het ek die regeringstjek doelgerig beskou as Goddelike voorsiening om in die Junie-vakansie van 1971 Europa toe te vlieg. Toe ek vir weke niks van my liefling hoor nie, het ek regtig bekommerd geraak dat iets dalk met haar kon gebeur het. Ek het in groot frustrasie aan haar ouers geskryf en genoem dat ek hoop om in die Junie-skoolvakansie Duitsland toe te kom. Ek het nie van hulle terug gehoor nie, en daarmee het my bekommernisse bly groei. Enige twyfel oor die korrektheid van so 'n drastiese stap soos om Duitsland toe te gaan, is uit die weg geruim toe ek van Trek Airways hoor dat die vlug aan die begin van die skoolvakansie alreeds vol bespreek is. Ek is op die waglys geplaas. Dit was na my mening 'n baie gerieflike manier om te toets of dit reg is om my pensioentjek so te gebruik. Twee-honderd-en-sestig rand het in daardie dae baie geld beteken. Ek het geredeneer dat, ‘as dit die Here se wil is dat ek moet gaan, dan moet Hy vir my plek kry op daardie vlug’. Toe ek net 'n paar dae voor die vertrekdatum 'n telefoonoproep kry dat een sitplek vry gekom het. het ek dit gesien as 'n duidelike teken dat ek moet gaan. Ek het die onderneming mos biddend genoeg oorweeg! *** HOOFSTUK 8 ‘N FINALE VAARWEL? Die oomblik toe Rosemarie Günther verbaal bo my gekies het, het 'n diep skuldgevoel haar oorval. Was sy oneerlik teenoor Günther? Of onregverdig teenoor my? Die gedagte om die nuus aan my oor te dra het haar diep gepla. Sy het geweet dat sy nou geen ander keuse gehad het nie as om daardie laaste brief aan my te skryf soos haar pa haar versoek het. Sy het ook geweet dat die skryf van hierdie brief een van die moeilikste dinge sou wees wat sy ooit sou moes doen. Haar hart was gebreek, maar sy het geen ander uitweg gesien nie. Toe sy 'n paar dae later by haar vriendin Elke se huis oorgeslaap het, het sy al haar gevoelens met Elke gedeel. Rosemarie het baie dapper vir Elke gesê dat sy nie oor my kan kom nie, maak nie saak hoe hard sy probeer nie. Die volgende dag het Rosemarie en Elke in Zavelstein, die dorpie waar Elke haar praktiese jaar gedoen het, gaan stap. Op ’n afstand het sy die Van Niekerks gesien aankom, ’n Suid-Afrikaanse gesin wat sy deur my ontmoet het. Gevoelens van liefde vir my het haar heeltemal oorweldig, wat bevestig het dat sy inderdaad steeds 'n intense liefde vir my het. Dieselfde aand het Rosemarie begin siek word aangesien die emosionele spanning fisies begin manifesteer het. Sy het daardie aand in die bed gelê en met God geworstel. Haar toekoms was verseël. Sy het 'n belofte aan Günther gemaak. Sy kon nie daarop teruggaan nie. Terwyl sy met griep in die bed lê, het Rosemarie in haar hart tot God uitgeroep: ‘Ek moet my belofte aan Günther gestand doen. As U wil hê Ashley en ek moet saam wees, dan moet U die wonderwerk doen want ek kan niks nou doen nie. Dit sal die grootste wonderwerk in my lewe wees as ek ooit nog met Ashley Cloete kan trou.’ Na daardie gebed was sy oorweldig deur 'n gevoel van volkome vrede. Sy het dit aan God teruggegee en dit daar gelaat. Günther het vir Rosemarie by haar ouerhuis in Mühlacker kom kuier terwyl sy nog siek was met wat nou in 'n ernstige geval van mangelontsteking ontwikkel het. Dit was die eerste keer dat haar ouers Günther ontmoet het en hulle was beïndruk. Nadat Rosemarie van haar siekte herstel het, het sy teruggekeer na die Skool vir Blindes in Stuttgart, en het Günther oor naweke bly sien. Waltraud het intussen met Dieter getrou, wat beteken het dat Rosemarie tydens daardie naweke alleen by haar ouers was. Die verligting by die ouerhuis het byna tasbaar geword elke keer as sy saam met die aangename Günther daar opdaag. Vrede het na die Mühlacker-huis teruggekeer. Onmiddellik na haar terugkeer in Stuttgart het Rosemarie daardie moeilike laaste afskeidsbrief geskryf. Sy het die brief aan Günther gewys wat die inhoud daarvan met groot verligting goedgekeur het. As daar ooit 'n kompetisie vir sulke briewe was, sou hierdie een sekerlik 'n prys gewen het. Beste Ashley, Ek weet dit klink leeg en banaal om hierdie brief met 'n verskoning te begin. Ek kan my baie goed indink hoeveel jy moes gely het om so lank niks van my te hoor nie en in so 'n toestand van onsekerheid gehou was. Dit is vir my baie duidelik dat jy dalk tot allerhande gevolgtrekkings gekom het toe jy nie van my op Pinkster en in die weke daarna gehoor het nie. Dit het my die afgelope paar weke baie ontstel, want deur jou briewe het ek ook baie bewus geword van my skuld (dat ek nie aan jou geskryf het nie). Ek moet ook vir jou sê dat ek emosioneel nie in staat was om voor Pinkster aan jou te skryf nie. In die tyd na Pinkster was ek siek met hoë koors. Nou eers kan ek jou regtig vertel van my innerlike, emosionele en geestelike ervarings. Dat dit nie meer so moeilik is nie, is slegs moontlik omdat: 1) Ek vertrou, en ek weet ook, dat God my sal lei om die regte woorde en manier van uitdrukking te vind; of om dit anders te stel, sonder God se hulp sou ek glad nie hierdie brief wou skryf nie. 2) Die afgelope paar dae het ek Sy teenwoordigheid op 'n besondere manier ervaar (tydens my siekte het ek baie tyd gehad om heeltemal 'stil' voor die Here te wees), sodat ek nou rustig kan wees – vir die eerste keer na 'n lang tyd. Let wel, dit het vir my amper onmoontlik gelyk om hierdie brief aan jou te skryf, veral omdat ek ook wil noem dat dit die laaste brief (of ten minste een van die laaste briewe) sal wees wat jy van my sal ontvang... Daar is ook nog iets wat ek vir jou wil vertel, Ashley, voor jy verder lees. Jy het eenkeer geskryf dat jy groot vertroue in God het en dat jy seker is dat Hy jou sal lei op die pad wat vir jou goed sal wees. Ek wil jou hieraan herinner, Ashley, want dit is regtig my diep wens. Jy moet weet dat ek bid dat jy standvastig hieraan sal vashou. Veral wanneer jy so 'n drastiese verandering in jou lewe en drome ervaar, moet jy weet dat God nooit 'n fout maak nie. Maar ons moet Hom ook diep vertrou. Jy weet, dit is presies wat ek moes leer. Ek wou ook my lewe lei volgens my eie riglyne en besluite. Ek kon nie verstaan ​​hoekom my idees van my toekomstige lewe saam met jou een na die ander weggeneem is nie. Ja, Ashley, ek glo nou dat baie van dit waaroor ons in ons drome gedink het, in werklikheid ons eie wensdenkery was. Jy weet hoe elke deel van my in hierdie droom geleef het. Dit het so ver gegaan dat ek nie meer my lewe in Duitsland, en veral my lewe sonder jou, kon indink nie. Maar jy weet ook dat ek bo alles God se seën vir ons toekomstige lewe saam begeer het. Nee, ek wil eenvoudig niks doen sonder Sy seën nie. Ek weet dat so 'n band slegs suksesvol en geseënd kan wees wanneer Sy bewuste seën daarop sou wees. Daarom het ek al hoe meer vasgeklou aan ons leuse (toe die twyfel kom) waaraan jy my altyd herinner het: BY GOD IS ALLES MOONTLIK. Ja, ek wou regtig glo dat God ons bymekaar sou bring ten spyte van al die probleme. Daarom was ek so teleurgesteld dat God vir ons so min bevestiginge gegee het. Ek het dikwels gevra: ‘Hoekom laat God soveel twis in ons gesin toe as gevolg van hierdie saak as ons bymekaar hoort?’ Eers toe my ma so siek word – die dokter het gesê dat dit uitsluitlik die gevolg is van stres, d.w.s. weens die spanning – het ek begin twyfel of ons plan werklik God se seën wegdra. Daarna het hierdie twyfel my nooit verlaat nie... Nietemin kon ek nie alles prysgee nie. Ek het opgemerk hoe my gebede toenemend eise geword het. Jy moet selfs nou weet dat ek nie gelukkig kan wees nie, want ek voel dat God se weë dalk anders is as ons s'n en dat Hy ons dalk (soos jy eenkeer gesê het) na nuwe weë wil lei. Ek was so diep bewus daarvan toe die brief, waarin jy oor die korrespondensieverbod geskryf het, arriveer. Daardie oggend moes ek luister na die woorde van Job uit die Wagwoord vir die Dag: ‘Die Here het gegee, en die Here het geneem. Geloofd sy die Naam van die Here!’ (miskien kan jy nog onthou dat ek 'n tyd gelede die boek Job gelees het). Vandag is dit vir my nog duideliker dat hierdie woorde op ons van toepassing is. Op daardie tydstip kon ek nie vir Job verstaan nie. Hoe kon hy God nog loof nadat alles wat vir hom dierbaar was en alles wat hy besit het, van hom af weggeneem is? Maar, Ashley, vandag kan ek verstaan. Ek het ontdek dat dit juis hierin is waar die absolute vertroue in God lê. Ek kan nou vir jou sê – en ek wens dat jy dit ook mag ervaar – dat al my ervaringe sedert Paasfees die leiding van God was. Veral deur my twyfel, onsekerhede en beproewings is ek nader aan God gedryf. Ek weet egter dat ek nooit dit wat ek in my droomwêreld opgebou het, onafhanklik sou kon prysgee nie. Om dit moontlik te maak, moes God ingryp. Sulke ingryping het begin toe ek Günther leer ken het in 'n tyd toe ek vol twyfel was. Aanvanklik (veral in die eerste twee of drie weke) het ek die idee weerstaan dat God dalk 'n nuwe pad hiermee wou maak. En tog onthou ek dat ek toe reeds vir jou geskryf het dat ek vir Günther begin lief word. Daarna het daar 'n tyd gevolg waarin ek vol onsekerheid was. Tog, net op daardie tyd het God so naby aan my gekom. Uiteindelik het Hy my by die punt gebring waar ek my eie wil kon prysgee. Ek kon net bid, ‘Here, laat my asseblief net die pad loop wat my die naaste aan U sal bring.’ Deur dit alles het ek so afhanklik geword van gemeenskap met God. Toe wens ek vir myself dat dit nooit weer anders sal wees nie; want eers dan kan ek regtig vry wees. Toe God my meer leiding gegee het om vir my Sy wil te wys, het ek afgelei dat Hy my gebede verhoor het. Een van die duidelikste tekens was toe Günther se ma 'n paar weke gelede oorlede is. Vier dae na hierdie gebeurtenis het ek Günther gekies. Jy moet weet dat dit nie 'n 'daad van simpatie' was nie. Ek weet dat 'n mens nie 'n lewenslange huweliksverhouding op so 'n basis kan bou nie. Vir my was dit erkenning van God se wil. Liewe Ashley, ek weet baie goed dat dit alles vir jou baie pyn sal veroorsaak, maar jy moet nooit dink dat ek jou wil seermaak nie. Wat ek wel wil hê, is dat jy moet voel dat ek eerlik met jou was. Miskien is dit bloot die wens dat jy my kan verstaan en ook kan erken dat die manier waarop God ons gelei het, goed is... Ek wil jou herinner aan nog 'n woord uit Job 1: ‘... net na hom moet jy nie die hand uitsteek nie’ (God het hierdie opdrag aan Satan gegee, want Job was 'n kind van God en hy kon dus nie uit God se hand val nie – selfs al is alles van hom weggeneem). Ten slotte moet jy weet dat ek hierdie brief met my gebede vergesel, want ek weet maar te goed dat dit net God se Gees is wat kan bepaal hoe jy op hierdie brief sal reageer. Wees hartlik gegroet, Jou Rosemarie Rosemarie het nooit die brief gepos nie; nie omdat sy nie wou nie – die bedoeling was altyd daar! Dit was bloot 'n vertraging om praktiese redes, aangesien daar geen briewebus was in die gedeelte van Stuttgart waar sy gewoon het nie. Dit was haar bedoeling om dit te pos sodra sy weer in die dorp kon kom. Vir ongeveer twee weke het die brief op haar lessenaar gelê en het dit skuldgevoelens veroorsaak elke keer as sy dit sien. Sy het geweet dat sy, om eerlik teenoor Günther te wees, die brief so gou moontlik moes pos. Ek het egter geen benul gehad wat in Duitsland gebeur het nie. Dag na dag het ek gehoop dat 'n lugposbrief met die bekende handskrif sou opdaag. Daardie paar weke het vir my soos 'n ewigheid gevoel. Ek was nou oortuig dat die Suid-Afrikaanse regering die brief waarin ek vir inligting oor rasse-herklassifikasie gevra het, onderskep en misbruik het. Ek het vas geglo dat ‘hulle’ ons liefdesverhouding op hierdie manier wou stopsit. Ek het dus die bespreking gefinaliseer en in Junie 1971 na Luxemburg vertrek. Ek het 'n hele paar alarmklokke laat lui toe ek die Van Niekerks, my Suid-Afrikaanse vriende in Duitsland, in kennis gestel het van my beplande vertrek en hulle gevra of ek vir 'n paar dae by hulle kon loseer. Ek het my aankomsdatum genoem, sonder om te noem dat ek via Luxemburg sou kom. Toe Rosemarie se ma te hore kom van my voorneme, het sy die nuus dadelik aan my Schatz oorgedra. Rosemarie het dadelik die lughawe in Stuttgart gebel om uit te vind hoe laat die enigste aansluitingsvlug vanaf Suid-Afrika sou land. Sy het op die aangewese tyd na die lughawe toe gegaan, maar ek het nie in die aankomsterminaal verskyn nie. Rosemarie het afgelei dat God op een of ander manier ingegryp het. Met 'n sug van verligting het sy gedink dat sy rustig kon slaap. Die verrassing vir Rosemarie was dus baie groot toe ek vanaf Trier, die grensdorp in Duitsland, bel. Daar het ek op die trein na Stuttgart geklim. Toe Rosemarie se ma hoor ek is in die land, was sy vreeslik bekommerd oor haar dogter. Die algemene gevoel van wantroue teenoor buitelanders wat so diep in Rosemarie se pa gewortel was, het haar ook beïnvloed en sy was selfs bang dat ek skadelike bedoelings teenoor haar dierbare dogter kon hê. Tot op daardie stadium was die enigste kommunikasie wat hulle met my gehad het die briewe wat ek aan Rosemarie se pa geskryf het. En daardie briewe het nie juis die beste lig op my karakter gewerp nie. Met die hoop om 'n tragedie te voorkom as ek van Rosemarie se nuwe verhouding sou hoor, het haar ma Rosemarie se kollegas in uiterste desperaatheid gebel en hulle gevra om Rosemarie na die lughawe te volg. In wese is hulle gevra om op Rosemarie en my te spioeneer. Toe Rosemarie dit ontdek, was sy ontstoke! Rosemarie was nie die enigste een wat verras was met my aankoms in Duitsland nie. Tydens ons telefoniese gesprek het sy laat deurskemer, sonder om enige besonderhede te verskaf, dat ek myself moet gereed maak vir ‘n teleurstelling. Vir die eerste keer moes ek vrede maak met die moontlikheid dat daar dalk iemand anders in Rosemarie se lewe was. Die lang treinreis van ongeveer vier uur het soos eeue gevoel. My onbegryplike naïwiteit het my heeltemal verbysterd en verward gelaat. Rosemarie het my by die treinstasie ontmoet en toe ek haar weer sien, was ek verswelg deur 'n enorme mengsel van emosies. Ek was nog nooit tevore verlief op iemand soos ek op Rosemarie verlief was nie; niemand het eers naby gekom nie en, na my mening, sal niemand ooit haar plek kan inneem nie. Maar nou, skielik, was my drome ernstig bedreig. Rosemarie het my na haar tuiste by die Skool vir Blindes geneem en alles begin verduidelik. My vrese is bevestig en ek het baie vrae gehad. Ek het niks verstaan nie. Was dit alles nodig? Het ek die reis nie biddend genoeg oorweeg nie? Hoe kon God my toelaat om hierdie reis te onderneem? My onverwagse aankoms in Duitsland het ernstige woelinge veroorsaak, om dit sagkens te stel. Rosemarie het haarself so te sê as formeel verloof beskou om mettertyd met Günther te trou. Toe sy my weer sien, het sy in haar hart geweet dat sy beslis nie kon voortgaan met 'n huwelik van kompromie met Günther nie. Dit is te verstane dat Günther ook ontsettend geskud was deur die nuus van my aankoms. Hy het die brief wat Rosemarie aan my geskryf het gelees en goedgekeur waarin sy my in kennis gestel het van haar besluit om ons verhouding te beëindig. Wat hy egter nie geweet het nie, is dat sy nooit die brief gepos het nie. Die volgende dag het ek die aangename jong man ontmoet wat, deurdat hy in Rosemarie se lewe ingekom het, 'n reeks gebeure laat gebeur het wat gelei het tot my skielike oorsese reis. Ek het hom by dieselfde groep jongmense ontmoet wat die onvergeetlike aand met die Wycliffe Translators gereël het net voor my vertrek terug na Suid-Afrika die vorige jaar. Ek het my mededinger regtig jammer gekry toe ek sien hoe homself so mislei gevoel het. Van ons drie het Rosemarie seker die meeste die ontsettende pyn ervaar. Haar versuim om die brief te pos het 'n verduideliking gehad, maar dit was nietemin 'n ernstige fout met verreikende gevolge. Met my wat so skielik opgedaag het, het sy nou geweet wie van die twee mededingers sy die liefste het. Sy het egter ook goed geweet dat die probleme tuis weer sou opvlam. Na 'n intense stryd in gebed het Rosemarie besluit om 'n vriendskap met beide van ons te beë indig. Almal het begrip gehad vir haar besluit, selfs haar ouers. Oor hierdie tyd het sy later vir my geskryf: As God ons regtig weer bymekaar gebring het, en vir ons 'n nuwe liefde gegee het, dan kan ek niks anders doen as om te glo dat ek aan jou behoort nie. Ek het volkome empatie vir haar gehad, maar my eie geloof is diep getoets in die proses. Ek kon werklik nie begryp hoekom God my toegelaat het om al die pad na Duitsland te kom net om dit alles te ervaar nie. Die laaste keer toe Rosemarie en ek aan die einde van daardie intense twee weke saam was, het die Here ons op 'n besondere manier getroos. Alhoewel ons die innerlike oortuiging soos nog nooit tevore gehad het dat ons aan mekaar behoort nie, het ons huiwerig ingestem om volledig afskeid te neem. Ons het ons toekoms in God se hande gelaat. Tydens ons laaste geleentheid om saam te bid, het ons min of meer die bal ‘in God se hande’ gegooi. Hy moes ons weer bymekaar bring as dit Sy wil was dat ons eendag sou trou. Een van die belangrike tekens sou wees dat die gesindheid van haar ouers teenoor ons verhouding moes verander. Ek het ingesien dat dit verkeerd van my was om die Here te probeer bystaan deur briewe aan die Suid-Afrikaanse owerhede te skryf. Vir die oomblik was my enigste troos om nou te weet dat ons mekaar soos altyd liefgehad het. Die volgende paar dae het ek steeds baie gesukkel om Rosemarie heeltemal vry te laat. Tydens die stiltes wat ek nou ervaar het na die stormagtige dae in Duitsland, het ek baie emosioneel verpletterd en verward gevoel. Ek moes geweet het dat dit onbehoorlik was om God te blameer, maar ek kon eenvoudig nie verstaan waarom Hy dit alles toegelaat het nie. Daar was natuurlik foute gemaak, maar ek het ook gewonder hoekom Hy nie my planne gestop het nie. Eers toe ek later terugkyk op al die gebeure, het ek insig gekry ten aansien van die raaiselagtige maar pragtige mosaïek. Hoe wonderlik was God met ons besig agter die skerms. As ek nie Duitsland toe gevlieg en haar persoonlik gesien het nie, sou Rosemarie kort daarna formeel verloof geraak het en dit sou die einde van ons verhouding beteken het. Ek het ook met 'n adidionele stuk volwassenheid Kaap toe teruggekeer, ook al het was daar nog 'n hele paar dinge wat ek moes leer. Rosemarie het intussen haar praktikum by die Skool vir Blindes voltooi. In retrospek kon ons God se hand herken in haar aanstelling as kleuterskoolonderwyseres vir die kinders van 'n hospitaal in Tübingen. Hierdie hospitaal was gekoppel aan die bekende universiteitstad waar my voormalige kamermaats uit my studentedae in Stuttgart nou hul teologiese studies voortgesit het. Via Hermann Beck, een van ons voormalige kamermaats vir wie ek die bynaam Harry gegee het, kon ek nog op hoogte bly met Rosemarie se bewegings. Sy het gereeld die Bengelhaus, die koshuis vir evangeliese teologiese studente, besoek om by Harry te hoor hoe dit met my in Kaapstad gaan. Wat 'n getroue briefskrywer was Harry gedurende hierdie kritieke tydperk! Rosemarie en ek is baie aan hom verskuldig, aangesien ons deur hom van mekaar kon hoor. Rosemarie se werk in die kinderkankerafdeling van die hospitaal waar sy met terminaal siek kinders gewerk het, was fisies en emosioneel baie veeleisend. Ten spyte daarvan was sy lief vir haar werk, want dit was geweldig vervullend. Die kinders het elke dag baie intens beleef omdat hulle geweet het dat hul lewensverwagting baie kort was. Hulle was so oop vir die Evangelie. Rosemarie het die voorreg gehad om sommige van hulle na die Here te lei voordat hulle gesterf het. Die verhouding met die dame waar sy ‘n kamer gehuur het, was egter nie so opwindend nie. Hierdie vrou het heftig beswaar gemaak toe sy my foto op die muur van Rosemarie se kamer sien. Al het ons paaie 'heeltemal' geskei, het ons ons steeds aan ons weeklikse afspraak gehou om elke Sondagaand vir mekaar te bid. Rosemarie se foto agter die deur van die piepklein drie by drie meter kamer in Elsiesrivier het 'n soortgelyke sentrale plek in hierdie verband gehad. Watter heerlike ure van bonatuurlike 'gemeenskap' het ons tog geniet terwyl ons aanhou bid het vir mekaar! My liefling het altyd nuwe verskonings gevind om die Bengelhaus te besoek. Die eintlike rede was natuurlik om op hoogte te bly van my doen en late. In Suid-Afrika het byna al my kennisse klaarblyklik verwag dat my gevoelens vir Rosemarie mettertyd sou vervaag en waarskynlik later heeltemal sou verdwyn. Daar was nietemin algemene simpatie vir my na die rampspoedige reis van twee weke in Duitsland. Alhoewel ons paaie formeel uitmekaar gegaan het, het ek steeds groot moeite gehad om Rosemarie heeltemal los te laat . Ek het dit vir haar baie moeilik gemaak toe ek selfs probeer het om kontak met die familie te behou. Toe ek Rosemarie se ma en suster tydens my onverwagse kort verblyf tydens die Junie-vakansie ontmoet het, was hulle redelik openlik in hul afwysing van my as 'n moontlike eggenoot vir Rosemarie. Ek het dit vir my Schatz nog moeiliker gemaak deur 'n brief aan haar ouers te skryf. In my brief het ek genoem dat my eie ma ook nie so gelukkig was met my idees nie. Met verwysing na my brief, was Mama Göbel baie emosioneel toe sy op 21 Oktober 1971 reageer het: Ek wou aanvanklik u brief terugstuur, maar toe maak ek dit oop om nog net een keer te antwoord. Verdere briewe sal onoopgemaak teruggestuur moet word... Toe dit aankom, was my man so kwaad! Hy het my daarvan beskuldig dat ek dit nie duidelik genoeg vir u gemaak het dat ons nooit kan saamstem oor kontak tussen U en Rosemarie nie. Ek het baie naby aan 'n fisieke en senuwee-ineenstorting gekom. Ek vrees regtig dat ons huwelik kan verbrokkel as gevolg van hierdie konflik, wat nou al so lank aanhou. U weet baie goed dat ek u geen hoop hoegenaamd in ons gesprek gegee het nie. Rosemarie het ons gerusgestel dat daar voorlopig geen korrespondensie sal wees nie. Hoekom ons nie verantwoordelikheid daarvoor kan aanvaar nie, het ek deeglik aan u verduidelik, nie waar nie! Ek verstaan nie waarom u met sulke hardkoppigheid volhard deur verder kontak te probeer maak nie. Dink u dat dit God se wil kan wees dat u 'n meisie uit haar familie en vaderland pluk en haar in 'n lewe plaas waar sy aan ernstige gevare, wantroue en haat van alle kante blootgestel kan word? Rosemarie sou dan verantwoordelikheid moes aanvaar vir haar eie ondergang en vir die ongelukkige, verbitterde oudag van haar ouers. Kan dit nie eerder God se wil wees dat u u toewy aan die taak van nie-gewelddadige verset in u land, maar met ’n lewensmaat wat in u land grootgeword het aan u sy? Mag ek u vra om asseblief biddend oor hierdie vrae te dink en 'n eerlike antwoord aan God te gee? Ek wil u baie dringend versoek om geen pos hoegenaamd meer na ons adres te stuur nie, asook om nie aan Rosemarie te skryf nie, soos u belowe het. Ek het die afgelope tyd baie gely aan pyn van die galblaas en die maag en ek kan nie meer die spanning hanteer nie. Ek hoop dat u dit kan respekteer. Luister asseblief na u moeder wat volgens u eie woorde net soos ek dink. Ek bid steeds dat God u mag seën. Erika Göbel God het in Rosemarie se lewe ingegryp toe dit vir haar duidelik geword het dat sy my te lief het – haar liefde vir my het meegeding om die eerste plek met haar liefde vir God. Sy het dit nodig geag om my ook emosioneel los te laat, aangesien die eerste loslating tydens my skielike besoek aan Duitsland meer 'n uiterlike gebaar was. Dit was nogal vir my 'n skok toe ek 'n brief van Rosemarie ontvang, nie lank na die een van haar ma nie: Tübingen, 7 November 1971 ‘MAG DIE HERE TUSSEN MY EN JOU WEES’ ... Jy moet weet dat dit nie net die liefde vir nie, maar ook die vertroue in ons Here was wat my daartoe gelei het om hierdie brief aan jou te skryf om jou van my besluit te vertel. Juis omdat ek Jesus bo alles wil liefhê. Ek wil absoluut gehoorsaam aan Hom wees. Jy weet, uit opregte liefde moet daar ook volkome vertroue groei. Uit hierdie vertroue wil ek 'n stap in geloof neem wat ons albei na ware innerlike vryheid sal lei. Ja, Ashley, ek weet nou duidelik dat dit God se wil is dat ons paaie (volledig) moet skei. Enigiets meer kan en moet ek jou nie nou vertel nie. Jy kan dalk meer besonderhede via Harry verwag. Mag jy die deernisvolle liefde van God ervaar. Jou Rosemarie Sy het gevoel dat haar liefde vir my haar verhouding met God belemmer. Later beskryf sy dit as haar Isak-ervaring, en vergelyk dit met die Bybelvertelling waar Abraham sy geliefde enigste seun moes offer. Rosemarie het gevoel dat sy my heeltemal moes opoffer – uiterlik, sowel as in haar hart. Tog het die Here in Sy genade my begin voorberei vir hierdie skok. Net voor hierdie besluit van haar het ek ’n brief van die Suid-Afrikaanse regering se departement van binnelandse sake ontvang waarin ek ingelig was dat die minister dit net kan oorweeg om Rosemarie te herklassifiseer as sy in Suid-Afrika woonagtig is. Het dit nou beteken dat ek alle hoop op 'n lewe saam met die persoon wie ek liefgehad het, sou moes prysgee soos niemand vantevore nie? Ek het genoop gevoel om Rosemarie heeltemal los te laat, en het hierna probeer om so gou moontlik oor die emosionele pyn te kom. Ek het selfs emosioneel betrokke geraak by nuwe, oppervlakkige verhoudings. Ek was jammer vir die betrokke dames – al wat dit egter gedoen het, was om my brandende liefde en verlange na Rosemarie te versterk. *** HOOFSTUK 9 JY MOET DIE VREEMDELING LIEFHĚ SOOS JOUSELF Rosemarie se vriende was blykbaar tevrede met haar besluit om haar verhouding met my eens en vir altyd te verbreek. Baie van haar vriende het heeltemaal nie haar romanse met 'n Afrikaan goedgekeur nie. Net haar vriendin Elke was simpatiek, aangesien sy my geken het toe ons albei gereeld by die Christian Encounter-groep in Stuttgart ontmoet het. In Januarie 1972 het my suster vermoed dat my hart nog na Rosemarie smag toe 'n brief van Hermann (Harry) aankom waarin hy skryf: ‘Ek dink Rosemarie is nog lief vir jou.’ Ek het aan die einde van daardie maand as voltydse student in die Morawiese Seminarie kompleks in Distrik Ses ingetrek. Henning Schlimm, ons direkteur, het my vertroueling en berader geword. Ek het die inhoud van alle briewe van Hermann met hom en sy vrou, Anne, gedeel. Ek was een van drie voltydse studente by die seminarie toe ‘n groot dosis kruiskulturele bestuiwing tydens ons tyd in Distrik Ses aan ons as studente toegedien is. Nie net die formele teologiese studies nie, maar ook die buitemuurse aktiwiteite, waarmee ons Duitse dosente ons in aanraking gebring het, het ons lewens geweldig verryk. Intussen het ek redelik verdiep geraak in die rassepolitiek van die dag. Die verbode literatuur wat ek oorsee gelees het, het my aktivisme aangewakker. My belangstelling is nou meer as ooit geprikkel deur die ongelykhede en onreg wat ek oral rondom ons gesien het. Ek het min of meer verwag om in die tronk te beland weens nie-gewelddadige protes. Die seminarie het reeds 'n slegte naam by die regering gehad omdat mense van alle rasse daar in en uit gegaan het. Selfs studente van die bekende Universiteit Stellenbosch met hul opvallende maroen-gestreepte baadjies, het ons besoek. In daardie dae was rasvermenging as 'n ondermynende aktiwiteit beskou. Beïnvloed deur die opkomende Swart Teologie, was ek lief daarvoor om my 'Black is Beautiful'-T-hemp uitdagend te dra, veral nadat ek gehoor het dat die verkoop daarvan verbied is. Met 'n viltpuntmerker het ek 'Civil Rights' agterop 'n ander T-hemp geskryf en 'Reg en Geregtigheid' aan die voorkant (dit het natuurlik beteken dat ek hierdie T-hemp vir baie weke nie kon was nie, maar dit het my nie veel gepla nie, solank ek hierdie riskante sentimente kon uitdra). ??Foto met reg en Geregtigheid: In kerkpolitiek het ons die denominasionele leierskap 'n rowwe tyd gegee. Sommige van die ouer predikante het blykbaar die regering nagevolg in hul hantering van ons opposisie teen tradisionalisme in die kerk, bv. deur jong predikers te verbied om te preek. Ten spyte van my aktivisme op meer as een front, was my hart steeds seer oor die feit dat ek nie vir Rosemarie kon skryf nie. Die aspek was nogal prominent in my gebede. Maar geestelik was ek amper heeltemal vasgevang in die rasprobleme van die land. Die rassediskriminasie ten opsigte van opvoedkundige befondsing en fasiliteite was ‘n saak waaroor ek gevoel het dat dit noodsaaklik was om daarteen in die openbaar te betoog. Ons het as voltydse seminariste in hierdie verband ons by 'n protesoptog aangesluit wat deur die oorwegend ‘Blanke’ studente van die Universiteit van Kaapstad gereël is. Dit was in weerwil van 'n polisieverbod. Gevolglik het ek my verlustig in hierdie soort aktivisme. Op daardie spesifieke dag het ek 'n brief aan Hermann in my sak gehad wat ek wou pos voordat ek by die protes aangesluit het. In hierdie brief het ek gesê dat ons verwag om gearresteer te word. Ons het egter 'ongedeerd' weggekom van die betoging aangesien traangas daardie dag gebotvier het. Die traangas het ons uitmekaar laat spat. Na ons terugkeer van die betoging na Ashleystraat, was daar 'n brief van Duitsland. Dit het heeltemal onverwags gekom, direk van my liefling af! Ek kon skaars glo wat ek daar in swart en wit gesien het. Haar ma het ons toestemming gegee dat ons ons korrespondensie kon hervat. Rosemarie se ma was op haar eie verjaarsdag deur die Ou-Testamentiese Wagwoord uitgedaag: ‘… wees lief vir die vreemdeling in jul poorte.’ Op Rosemarie se 21ste verjaardag het die Here met Mama Göbel gepraat deur nog 'n Woord uit die Skrif: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Sy het geweet dat dit vir haar beteken dat sy my moes aanvaar. Sy het positief gereageer en Rosemarie toestemming gegee om weer vir my te skryf! Dit was baie moedig van mev Göbel wat geweet het dat dit beslis nie die goedkeuring van haar man sou wegdra nie. Was dit nie een van die deurslaggewende tekens waarvoor ons gebid het, naamlik dat die instelling van haar ouers teenoor ons verhouding sou verander nie? Ek het die laaste deel van die Junie-vakansie van 1972 by my ouers in Elim deurgebring en daar het ek 'n openhartige gesprek met hulle gehad oor my politieke aktivisme. Die direkte oorsaak van die bespreking was my versoek om my persoonlike kopie van Pro Veritate, die orgaan van die Christelike Instituut, na Elim te laat stuur (by die seminarie het ons reeds toegang tot die omstrede Christelike tydskrif gehad). Met 'n mate van tevredenheid het ek opgemerk dat my pa, deur hierdie materiaal te lees, meer ingelig geraak het oor sommige kwessies. al was ons bewus daarvan dat baie van die aktualiteitsprogramme 'n propaganda-verdraaiing van die waarheid was. Vroeër was almal van ons tot 'n mate beïnvloed deur die SAUK (Suid-Afrikaanse Uitsaai Korporasie) se verdraaiing van wat in ons land gebeur,. Ek het ook vir die eerste keer die kwessie van my liefde vir Rosemarie breedvoerig met my ouers bespreek. Ek het gepraat van my hoop om haar deur rasherklassifikasie na Suid-Afrika te bring. In reaksie het hulle dit duidelik gestel dat hulle bereid sal wees om my te laat gaan as ek na Europa wou gaan, eerder as om te sien hoe ek vir Rosemarie aan die vernederings en ongeregtighede van 'n apartheid-deurtrekte Suid-Afrika bloot sou stel. Ek was egter te verlief om te waardeer hoe vrygewig hul gebaar was. Hulle het geweet waarvan hulle praat. My niggie, wat in die vroeë 1950s met 'n Britse vlootoffisier getroud is, is selfs ná sowat 20 jaar nie toegelaat om haar ouers te besoek nie. Tog het ek hardkoppig steeds daarop aangedring dat ek alles wou doen om beide my Rosemarie en Suid-Afrika te hê. Ek het my ouers se ontmoediging verontagsaam en verder gehoop om haar na ons land toe te bring. Terselfdertyd was ons onbewus van die feit dat Rosemarie se ma, terug in Mühlacker, nie net vir haar dogter die brief geskryf het waarin sy ons toestemming gegee het om ons korrespondensie voort te sit nie. Klaarblyklik wou sy ook hê haar man moet sy toestemming en seën oor ons verhouding uitspreek. Ons was nie eers bewus van die feit dat sy probeer het om mnr Göbel se guns te wen nie. 'n Brief wat Rosemarie van Anne Schlimm, die vrou van ons direkteur, ontvang het, het 'n beduidende impak op haar mev Göbel gehad. Baie jare later het ons die ontwerp van 'n brief ontdek wat Mama Göbel aan Henning Schlimm, my mentor en vertroueling in Kaapstad geskryf het, waarin sy na my as A.C. verwys het: ... Toe A.C. onverwags hier aankom, het my man ongelukkig geweier om hom te ontmoet omdat hy gedink het dat A.C. homself, ná die verduidelikings in sy brief, van verdere kontak met ons dogter moes weerhou het. Ek het die geleentheid gebruik om A.C. by die huis van ons getroude dogter te ontmoet. Ek het gedink dat ek hulle teen so 'n huwelik moet waarsku weens die toestande in Afrika. Ek het vir hom gesê dat Rosemarie daar geïsoleer en deur die Blankes sowel as die Kleurlingbevolking verwerp kan word, ja, selfs verag en gehaat kan word. Ons vrees bloot vir ons dogter, dat sy aan so 'n lewe blootgestel sal word. A.C. het by daardie geleentheid aan my bevestig hoe hy sy toekomstige rol in Afrika sien. U sal – ek vertrou – u nie gekwets voel dat ons hier in Mühlacker ons hoop daarop gevestig het dat Rosemarie aan 'n betroubare, gelowige jong man verloof sou raak op dieselfde tyd toe A.C. hier aankom. Nadat ons met verskeie ander mense gepraat het wat 'n verbintenis met Afrika gehad het, het die kontak met A.C. so hopeloos gelyk. Daarom was sy skielike aankoms vir ons so 'n skok. Nou wil ek nie hê ons dogter moet net oor ons met iemand anders sou trou nie, want dit sal ook oneerlik wees teenoor so 'n maat. Net so graag wil ons ook nie hê sy moet enkellopend bly nie. Ek is oortuig – en ek weet dit uit eie ervaring – dat God A.C. en ons dogter op die regte manier sal lei volgens Sy ewige voornemens, omdat hulle hulleself aan Sy wil onderwerp. Ek en hulle bid hiervoor. Ongelukkig kan my man nie hierdeur getroos word nie en hy het geen vertroue in gebed tot God nie. So ly hy baie hieronder en bekommer hom oor ons dogter. Sy senuwees is reeds baie uitgerafel weens oormatige uitputting. Hy meen dis ’n geval van romantiese fanatisme aan hulle kant. Keer op keer probeer hy Rosemarie oorreed omdat hy soveel ernstige gevare en risiko's in 'n huwelik met A.C voorsien. Natuurlik ly ek ook onder hierdie vervreemding tussen vader en dogter. Toe ons Rosemarie se 21ste verjaardag in Julie gevier het, het sy vir my die brief van u vrou gegee. Later het Rosemarie my vertel hoe sy hierdie brief as 'n antwoord op gebed gesien het. Die aand hiervoor het sy tot God gebid vir duidelikheid oor Sy plan. Ek het toe deur 'n soortgelyke proses gegaan. Ek het 'n slapelose nag hierna gehad, met die verbittering en teleurstelling van my man wat duidelik 'n rol gespeel het. Ek het God herhaaldelik gesmeek om hulp en onderskeiding van Sy wil. Die volgende dag, toe ek so verskriklik gevoel het, het ek duidelike skriftuurlike leiding uit die daaglikse teksboekie gekry: ‘Wees lief vir die vreemdeling soos jouself.’ Ek wil dit met my hele hart doen. Sou A.C. my skoonseun word volgens God se wil, sal ek sekerlik leer om hom lief te hê soos die man van my ander dogter. Maar ek wens ook so baie dat my man nie sulke vrees en bekommernis oor Rosemarie se toekoms sal hê nie, en dat hy geleidelik uit sy bitterheid oor die twee jongmense sal kom... Aangemoedig deur hierdie ontwikkeling het my mentor, Eerwaarde Henning Schlimm, 'n onderwyspos vir Rosemarie by die kleuterskool van St. Martini, die Duitse Lutherse Kerk in Kaapstad, gefasiliteer. Ek was onbewus van die moed wat Pastoor Osterwald, die plaaslike Duitse predikant, aan die dag gelê het om haar aan te stel. Die rassistiese houding van sommige van sy gemeentelede moes egter baie ontmoedigend gewees het. Hy het Rosemarie aanvanklik gevra om niks van die aanstelling in haar briewe aan my te noem nie. Die owerhede kon heel moontlik die briewe oopmaak, wat redelik algemeen in apartheid Suid-Afrika gebeur het. Dit kon daartoe gelei het dat die ysterhand van die wet op pastoor Osterwald af kon kom. Vroeg een oggend in Oktober 1972, terwyl ek op my knieë vir die land gebid het, het ek gelei gevoel om 'n brief aan die Eerste Minister van Suid-Afrika te skryf. In hierdie brief het ek hom aangespreek met die woord ‘liewe’, wat beslis 'n bietjie buitengewoon was. My natuurlike neigings teenoor hom was beslis nie liefdevol nie. In daardie brief het ek mnr Vorster uitgedaag om hom soos die Amerikaanse president Lincoln deur God te laat gebruik om die nasie in die weë van God te lei. Basies was dit 'n brief van kritiek, wat my in die sop kon laat beland het. Maar ek het net 'n berisping gekry, die standaard antwoord aan mense wat op godsdienstige gronde beswaar gemaak het teen die rassebeleid van die land. In hierdie brief het die Eerste Minister geïmpliseer dat ek onder die dekmantel van godsdiens by die politiek betrokke was. Dit was 'n tipiese regeringsfoefie om kerkmense aan te moedig om 'n skerp onderskeid tussen geloof en politiek te maak. En inderdaad, veral baie Afrikaner-oë was as gevolg hiervan verblind vir die dwaalleer van apartheid. Ek was ook ver van versigtig ten opsigte van ander sake. In 'n nuusbrief aan vriende in Duitsland het ek openlik gesê dat Rosemarie die volgende jaar in Kaapstad sou kom werk. Dit was moeilikheid soek. Af en toe was ek so naïef en onverantwoordelik! HOOFSTUK 10 STORMAGTIGE GOLWE In daardie dae was dit redelik maklik vir 'n Europeër om 'n visum vir ‘n besoek aan Suid-Afrika te kry. Nie net dit nie, maar die regering het in werklikheid immigrasie uit Europa aangemoedig. Die Suid-Afrikaanse regering het dikwels selfs vir hul vlug betaal. In afwagting dat haar visumaansoek sonder enige probleme toegestaan ​​sou word, het Rosemarie by die kinderhospitaal in Tübingen bedank. Sy het ook 'n houtkissie met haar boeke en ander besittings na Kaapstad gestuur. Die jaar daarna sou ek persoonlike besittings voor my uitstuur toe ek Suid-Afrika in 1973 verlaat het. Terwyl Rosemarie haar voorberei het om na Suid-Afrika te vertrek, het haar vriende by die onafhanklike vrye gemeente in Tübingen wat sy bygewoon het, haar egter 'n moeilike tyd besorg. Sy is daar deur onderdompeling gedoop en het geweldig gegroei op geestelike vlak. Haar vriende het egter nie haar besluit om haar liefdesverhouding met my te hervat, ondersteun nie. En om eerlik te wees, hulle het 'n sterk punt gehad. Rosemarie het in hulle oë skaars die geleentheid gehad om my behoorlik te leer ken tydens my verblyf in Duitsland in 1970. Rosemarie was aangenaam verras toe 'n 'Kleurling' Suid-Afrikaner van Gleemoor (deel van die Kaapse woonwyk Athlone) in haar woonomgewing opdaag. My liefling het gedink dit is die perfekte geleentheid om vir my 'n kassetbandjie via hierdie meneer te stuur. Op hierdie opname het sy pastoor Osterwald se raad ingepraat: ‘Ek moet vir jou sê dat jou besluit om met hierdie gewaagde onderneming te begin, jou in menige konflik sal inlei...’ Sy het hoegenaamd geen rede gehad om te vermoed dat hierdie man aan die Suid-Afrikaanse veiligheidsnetwerk gekoppel kon word nie. Maar in daardie dae is aan BOSS (die Buro vir Maatskaplike Sekerheid – in baie opsigte die Suid-Afrikaanse weergawe van Hitler se Gestapo) ook opdrag gegee om ‘probleme’ soos ons romantiese verhouding oor die kleurgrens, uit die land te hou. Die verband tussen hierdie man met die Suid-Afrikaanse owerhede het baie duidelik geword toe 'n sekere kommissaris (speurder) Rosemarie kort hierna verseker het dat sy dalk nie 'n visum of werkpermit sal kry om Suid-Afrika binne te kom nie. Dit was duidelik dat hierdie 'speurder' die inhoud van die kassetbandjie geken het. Verdere navraag het aan die lig gebring dat die BOSS-agent wat homself aan Rosemarie voorgestel het, nie aan die plaaslike polisie in Reutlingen bekend was nie. Heeltemal onbewus van wat in Suid-Duitsland aangaan, het ek steeds die dae getel tot begin Maart 1973 waneer Rosemarie sou arriveer. Hoe teleurstellend was dit dus toe die eerste Maart gekom en gegaan het sonder enige nuus van haar visum en werkpermit! Ek was heeltemal verstom toe my liefling my bel op die direkte lyn vanaf Duitsland wat pas in werking getree het. (Hiervoor moes alle oproepe altyd via 'n sentrale gaan.) Sy het 'n brief van die Suid-Afrikaanse konsulaat ontvang. Die inhoud, wat bevestig het wat die speurder gesê het, was verpletterend: Dit spyt my om u in kennis te stel dat u aansoek om permanente verblyf in die Republiek van Suid-Afrika afgekeur is... Geen rede was verskaf nie, hoewel die rede redelik duidelik was vir diegene wat die land se rassebeleid geken het. Rosemarie is ook sonder enige rede 'n werkpermit geweier. Die teleurstelling wat ons destyds ervaar het, was baie groot. Na alles waaraan ons verhouding blootgestel was, en die groot stryd wat Rosemarie met haar ouers beleef het, het hierdie skielike wending nogal as 'n skok oorgekom. Dit was klaarblyklik onvermydelik dat ek die land moes verlaat as ek met haar wou trou. As ons terugkyk, het ons besef dat die Here ons baie genadig was. Ons brose liefde sou onder uiterste druk geplaas gewees het deur die sfeer van geheimhouding wat nodig sou wees om ons verhouding in apartheid Suid-Afrika te handhaaf. Teologies was ons ook daardie tyd myle uitmekaar. Ek het taamlik liberaal geword onder die invloed van Swart Teologie en die onderrig by die seminarie. Terselfdertyd was die geestelike omgewing waarin Rosemarie in Tübingen beweeg het, baie intens en het sy geweldig gegroei in hierdie tyd. Dit is te betwyfel of ons sensitiewe verhouding die dubbele spanning van politiek en teologie sou oorleef het as Rosemarie in Maart 1973 na Suid-Afrika kon kom. Ten spyte van die afkeuring van die werkspermit, het ons gedink dat dit belangrik sou wees vir Rosemarie om ten minste met Suid-Afrika en my gesin kennis te maak. Sy het dus weer aansoek gedoen, hierdie keer vir 'n toeristevisum. Dit is egter ook geweier. In plaas daarvan om na Suid-Afrika te kom, het Rosemarie toe saam met Elke Maier en ander Christenvriende na Israel gegaan om in 'n kinderhuis in Migdal te gaan werk vir 'n paar weke. Gedurende hierdie tyd in Israel het haar liefde vir die Joodse nasie verdiep en sy het ook 'n baie dieper begrip van die Hebreeuse Geskrifte gekry. Na Rosemarie se tweede visumweiering, moes ek die feit nou in die gesig staar dat my idee om beide Rosemarie en die land wat ek liefgehad het en waarin ek so sterk geroepe gevoel het om te dien, niks meer as 'n onrealistiese droom was nie. Ek moes kies. Ek het vir 'n geruime tyd getwyfel, diep onseker oor wat om te doen. Ons Kerkbestuur het egter optimaal saamgewerk. Hulle het voorgestel dat ek aan die einde van daardie jaar by die Morawiese Kerk in Duitsland kan gaan werk. Die Here het klaarblyklik ook in my lewe gewerk en menige rowwe randjies weggeslyp. My studentekollega, Fritz Faro, het sterk interaksie gehad met die Jesus People, 'n groep jong mans en vroue met noue bande tot die hippie beweging. Ons het hul radikalisme waardeer, maar ons seminariste het probleme gehad met hul apolitieke standpunt. Ons kon byvoorbeeld nie aanvaar dat mense van verskillende rasse geskei in hul kerkdienste gesit het nie. Ons kon nie hul standpunt onbetwis laat nie en ons het een van hulle, 'n jong kêrel van Zimbabwe, genooi om by ons aan te sluit in 'n openbare demonstrasie van ons eenheid in Christus. Hy het dadelik ingestem om saam met ons koortjies te gaan speel op ons instrumente by Muizenberg-strand. Dit kon tot inhegtenisname gelei het, aangesien hierdie strand rasgewys 'slegs vir Blankes' aangewys was, maar ons was bereid om hierdie risiko te aanvaar. Tot ons groot ontsteltenis het die broer van Zimbabwe later gebel en 'n flou verskoning aangebied om uit ons afspraak te kom. Ons het later verneem dat ander gelowiges hom aangeraai het om nie saam met ons te kom nie. Ek het groot innerlike spanning ervaar toe ons 'n ‘Swart’ spreker na ons jeugdiens in Distrik Ses genooi het. Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het die maand Augustus as die maand van deernis verklaar en lidkerke is uitgedaag om iets prakties te doen. As ons bydrae in Augustus 1973 het ons een van ons CI-vriende, Claude Goba, 'n predikant van die Kongregationele Kerk, gevra om by ons te kom preek. Dit was moontlik een van die eerste geleenthede dat 'n ‘Swart’ Suid-Afrikaner op die preekstoel van die Morawian Hill-kerk was en dit was nie verbasend dat 'n gemeentelid die heiligdom demonstratief verlaat het op dieselfde oomblik toe Claude Goba na die preekstoel gestap het nie. (Ons drie seminariste het weliswaar iets soortgelyks gedoen en 'n kerkdiens verlaat toe 'n plaaslike predikant volgehou het met gereserveerde sitplekke vir besoekende Duitsers). Claude Goba se preek het veroorsaak dat ek diep sielsondersoek moes doen. My innerlike worsteling het hiermee tot 'n kritieke punt gekom. Was ek nie soos Jona wat weggehardloop het van die probleme van ons rewolusie-ryp land nie? Om lafhartig weg te hardloop was die heel laaste ding wat ek wou doen! Die resultaat was 'n intense innerlike stryd tussen die liefde vir my land en my liefde vir 'n vreemde meisie wat my na 'n lewe in ballingskap kon laat verander. Ek wou so graag 'n betekenisvolle bydrae lewer tot rasseversoening in Suid-Afrika. Ek het gedink, miskien 'n tikkie te selfversekerd: ‘Ek kan van beter diens hier in my geboorteland wees as in enige ander land.’ Ek sou nog van daardie arrogante voetstuk afgebring word. Ek het begin bid dat God my verlief sou laat raak op 'n ‘Kleurling’ meisie wat die 'gelyke' van Rosemarie kan wees. Ek het nie gevoel dat my werk om by te dra tot rasseversoening in Suid-Afrika, voltooi is nie. Tog kon ek my op die ou end nie 'n lewe sonder Rosemarie voorstel nie. So, na baie oorweging en baie gesprekke met Henning en Anne Schlimm, het ek uiteindelik besluit om by Rosemarie in Duitsland aan te sluit. My vlug was hierna bespreek om redelik gou te vertrek nadat ek my Kaapse teologiese eksamens voltooi het, nie net omdat ek so gou moontlik by my geliefde Rosemarie wou uitkom nie. Amper net so belangrik was die feit dat my paspoort kort daarna sou verval. Ek het aanvanklik gedink dat ek dalk vrede in my hart sou kry deur betyds aansoek te doen vir 'n verlenging van my paspoort. Tog kon ek eenvoudig nie die moed (of geloof?) bymekaarskraap om aansoek te doen vir die verlenging in Suid-Afrika nie! Ek kon my net nie die moontlikheid van 'n negatiewe reaksie op my aansoek voorstel nie. Ek het gevrees dat my lae-profiel politieke betrokkenheid van die vorige maande, soos die openbare vertoon van my opposisie, byvoorbeeld deur my uitdagende T-hemde te dra, so 'n verlenging in gevaar sou kon stel. Dus, in die voetspore van my niggie wat in 1950 met 'n Engelsman getroud is, het ons almal verwag dat dit my laaste afskeid van Suid-Afrika sou wees. Na die vele jeugkampe en dies meer wat ek deur die jare bygewoon het, het ek myself gewoond geag aan geleenthede van afskeid. Hierdie keer was dit egter amper ondraaglik om daaraan te dink om afskeid van familie en vriende te neem. Die finaliteit om my gesin agter te laat was die moeilikste van almal. Vyf jaar hiervoor het ek op die stoomskip, die Pendennis Castle, se dek getjank terwyl ek gekyk het hoe Tafelberg geleidelik in die verte verdwyn. Destyds was ek vasberade om terug te keer na my land. Nou ek moes ek heelaas verwag om nooit terug te kan keer nie. En dan was daar ook nog daardie knaende onsekerheid: Was dit God se wil of was dit my eie wil? (In die maande voor hul vertrek uit Suid-Afrika is daar by die Jan Smuts-lughawe, Johannesburg, beslag gelê op die paspoorte van verskeie leiers van die Christelike Instituut, toe hulle op die punt was om die land te verlaat. ) Alhoewel ek slegs 'n baie onopvallende lid van hierdie organisasie was, sou 'n mens nooit kon weet nie. Die teenwoordigheid van Dr Beyers Naudé by ons jeugsaamtrek as hoofspreker net 'n paar weke voor my beplande vertrek het niks goeds voorspel nie. Ook op sy paspoort was beslag gelê. Sou die paspoortbeampte my deurlaat of sou hy my toegang weier? Alhoewel ek nooit direk by openlike opposisiepolitiek betrokke was nie, was daar 'n paar semi-politieke redes vir die vrees dat hulle my paspoort kon konfiskeer. Op die dag toe ek na Duitsland sou vlieg, was ek nietemin redelik kalm, omdat ek geweet het dat my toekoms in God se hande is. Die onsekerheid oor waar ek veronderstel was om te wees om in die middel van Sy wil te wees – in Duitsland of Suid-Afrika – het my dalk ook gehelp om ietwat te ontspan. Ek het aan Rosemarie geskryf dat ek haar sou bel vanaf Johannesburg as hulle my paspoort sou konfiskeer. Op die dag van my vertrek uit Suid-Afrika het Rosemarie dus gespanne gewag by die Karl Heim Haus in Tübingen, waar Hermann (Harry) gewoon het. Hy het gesien hoe Rosemarie aanvanklik voorbereidings getref het om Suid-Afrika toe te gaan. Sy het hom ook vertel van die probleme wat sy ervaar het met die Christene in haar kerkgemeenskap wat nie die moontlikheid kon aanvaar dat dit God se wil kan wees dat sy met my, 'n Afrikaan, wou trou nie. Vir baie van hulle was die weiering van die visums 'n duidelike teken dat ons nie vir mekaar bedoel was nie. Maar Hermann het deur dit alles saam met ons gestaan. Hy het geweet dat ons elke tree biddend oorweeg het, met die begeerte om God in alles te gehoorsaam. Saam het hulle gehoop dat daar geen telefoonoproep uit Suid-Afrika sou kom nie, want dit sou beteken dat ek nie die land mag verlaat nie. *** HOOFSTUK 11 UITEINDELIK HERENIG! My angs met betrekking tot die verlaat van die land was heeltemal onnodig. Nadat hy gehoor het dat ek van plan was om by ‘n kerkverwante bediening in Duitsland betrokke te wees, het die doeanebeampte my bloot aangeraai om nie daar te gaan leer wyn drink nie! Hoe graag sou ek wou hê dat Rosemarie in my oplugting kon deel. Sy het natuurlik steeds senuweeagtig gewag en gehoop dat geen telefoonoproep uit Suid-Afrika sou kom nie. Vroeg die volgende oggend, in weer wat amper op 'n sneeustorm neergekom het, het Rosemarie, Hermann en 'n ander studentevriend per motor vertrek om my in Luxemburg te gaan haal. Daar was geen oproep vanuit Johannesburg nie. Onder normale omstandighede sou die rit vanaf Tübingen 'n rit van vier uur beteken het. Wat 'n opoffering moes dit vir hulle gewees het om my onder daardie guur winterweer verkeerstoestande te gaan haal. My eie senuwees was ook redelik aan flarde toe ek in Luxemburg aankom. Niemand het vir my gewag nie; geen Rosemarie om my op Findel-lughawe te ontmoet nie. Ek het Tübingen gebel om te vra waar hulle is. Gelukkig was die lughawe volgens internasionale standaarde nog baie klein en Rosemarie en die twee manne wat haar vergesel het, het my in die telefoonhokkie gewaar net toe ek die Karl Heim Haus bel. Dit was ‘n kombinasie van groot oplugting en vreugde toe Rosemarie en ek mekaar liefdevol omhels! Arme Hermann en sy vriend het al die moeilikheid in die wêreld gehad om in die ongunstige verkeerstoestande te bestuur, terwyl ek en Rosemarie op die agtersitplek elke minuut van ons hereniging geniet het na die jare van onwillekeurige skeiding. Ek het kort ná my aankoms my eerste besoek aan Rosemarie se ouerhuis in Mühlacker gebring en haar pa toe vir die eerste keer ontmoet. Behalwe 'n afkeurende opmerking oor my goedkoop anorak, kon ons ontmoeting nie as 'n botsing gedefinieer word nie. Hy was hoflik en beleefd in sy handelinge teenoor my. Ek het egter geen benul gehad van wat in sy gedagtes aangaan nie. Om in te stem om my te ontmoet, was alreeds 'n groot stap vir hom. En nou, toe hy my persoonlik sien, was hy gekonfronteer met die feit dat ek ernstig was oor sy dogter; so ernstig dat ek met haar wou trou. Hierdie gedagte het hom in 'n diep worsteling gestort. Hy kon nog nie 'n buitelander as 'n moontlike toekomstige skoonseun aanvaar nie. Hierna was daar weer baie spanning en debat in die huis oor my verhouding met Rosemarie. Die spanning het so toegeneem dat my liefling se ouers haar uiteindelik versoek het om die huis te verlaat. Mama Göbel het nog steeds die opdrag uit die Skrif diep ter harte geneem, maar haar man het so baie diepgewortelde besware oor die saak gehad dat hy nie sulke leiding van God kon aanvaar nie. Komende van Suid-Afrika met al sy rassevooroordele, kon ek hierdie verwikkelinge baie beter hanteer as Rosemarie. Sy het regtig gesukkel met die feit dat sy versoek is om haar ouerhuis te verlaat. Dit het haar baie seer gemaak. Sy het egter ook geweet dat sy nie gevra was om te gaan omdat haar ouers haar nie meer liefhet nie. Elke Maier se ouers in Gündelbach het liefdevol na Rosemarie omgesien, haar in hul huis ingeneem en haar soos hul eie dogter behandel terwyl ek intussen aansoek gedoen het vir die verlenging van my paspoort. My angs in hierdie verband is ook uiteindelik uit die weg geruim en my paspoort is vir nog drie jaar verleng. Tog was daar nog 'n sprankie hoop dat ek dalk eendag na Suid-Afrika kon terugkeer. Ons het in Maart 1974 verloof geraak – met geen familie van enige kant teenwoordig om die vreugdevolle geleentheid saam met ons te vier nie. Rosemarie en ek sou egter kort daarna weer uitmekaar gaan. Na 'n paar maande van heroriëntering in Königsfeld, is ek na die verre Berlyn geroep, om daar vanaf April as 'n vikar, 'n assistent-predikant, in die westelike deel van die verdeelde stad te dien. Die middag voordat ek na Berlyn sou vertrek, het ek na die sokkerveld gegaan waar die plaaslike span teen 'n span Gastarbeiter, dit wil sê immigrantewerkers van Joego-Slawië en ander Suid-Europese lande, sou speel. Ek het 'n advertensie oor hierdie wedstryd gesien en gedink ek sal 'n bietjie tyd kon verdryf om na die spel te gaan kyk. Terwyl die besoekers gewag het vir nog spelers om op te daag, het ek aan die pret deelgeneem en die bal saam met die ander spelers rondgeskop. Toe die gaste agterkom dat ek 'n mate van vaardigheid met 'n sokkerbal besit, is ek dadelik gekies om by die nie-Duitse span aan te sluit. Net na rustyd hoor ek 'n kliek toe ek in 'n sloot op die ongelyke oppervlak trap. Die pyn was so erg dat ek dadelik gedwing was om op te hou speel. Maar ek kon gelukkig nog fietsry huis toe en toe my enkel opswel, het ek nie vermoed dat ek my enkel gebreek het nie. My Königsfeld bure het voorgestel dat ek die besering moet laat nagaan deur ‘n dokter. Ná die ondersoek het die plaaslike dokter my dadelik na die hospitaal in die buurdorp Villingen gestuur vir ’n X-straal. Ek sou die nag, en 'n hele paar daarna, in die hospitaal deurbring. Nie ek of Rosemarie was regtig hartseer oor hierdie wending nie, want dit het beteken dat ons 'n bietjie langer by mekaar kon wees. *** HOOFSTUK 12 NOG MEER TURBULENSIE In die verre Berlyn was die lede van die kerk se blaasorkes gereed om die volgende oggend, op 1 April, die nuwe vikar (kuraat) van Suid-Afrika te verwelkom. Toe hulle die nuus ontvang dat ek my enkel gebreek het, het almal gedink dit is 'n Aprilgrap. Hulle het gou verneem dat dit nie die geval was nie en dat ek inderdaad my enkel gebreek het, net 'n paar uur voor my beplande vertrek. 'n Paar weke later het die Wes-Berlynse Morawiese gemeente die voorreg geniet van 'n intreepreek met 'n verskil: Ek het met my been nog in gips kansel toe gestap! By 'n Duitse Morawiese leraarskonferensie in Mei 1974 het ek ‘n kamer gedeel met Eckhard Buchholz, 'n sendeling van die Transkei in Suid-Afrika. Anders as so baie ander mense was hy glad nie skepties oor die feit dat die Suid-Afrikaanse regering van plan was om onafhanklikheid aan 'n 'tuisland' te verleen nie. Die Transkei was een van die enklawes waardeur die apartheidsregime gepoog het om die getalle ‘Swartes’ in die sogenaamde ‘Wit’ Suid-Afrika te verminder. Eckhard het my uitgedaag om in die Transkei te kom werk na die onafhanklikheid van die 'tuisland', wat na verwagting in 1976 sou volg. Hy was vol vertroue dat die Transkei nie die rassistiese verbod op gemengde huwelike sou oorneem nie. Ek het die uitdaging met graagte aanvaar en hom aangemoedig om vir my intussen oudiokassette te stuur sodat ek Xhosa kon begin leer. En so het ek gemaak. Ek was vasberade om so gou moontlik na die Afrika-vasteland terug te keer. Omdat ek dit as vanselfsprekend aanvaar het dat Rosemarie eendag 'n sendeling wou word, het ek verwag dat sy saam met my as my vrou Transkei toe sou gaan. Tydens haar besoek aan Wes-Berlyn kort daarna het ek terloops my voorneme gekommunikeer om na Suider-Afrika terug te keer. Ek was heeltemal verras om te hoor dat sy glad nie gereed was om my na Afrika te begelei nie. Ons was nie op hierdie wending van sake voorbereid nie. Wat moes ons nou doen? Wat die kwessie van ons toekomstige tuiste betref, het dit gelyk of ons kilometers van mekaar af was – beide figuurlik sowel as letterlik! In ons uiterste wanhoop het ons tot God om hulp geroep! Ons was so lief vir mekaar en wou beslis nie uitmekaar gaan nie, maar dit was 'n saak waaroor ons moes saamstem. Ons het geweet dat dit dadelik uitgesorteer moes word want ons was veels te lief vir mekaar. In diep desperaatheid het ons saam gebid en God gevra om ons deur Sy Woord te lei. Goddelike ingryping was beslis die enigste moontlikheid om ons verhouding te red. Albei van ons het geweet dat dit nie die 'behoorlike' manier sou wees om die Skrif te hanteer nie, maar ons het besluit om God se wil te soek deur die Bybel lukraak, maar biddend, oop te maak. Toe die Woord van God oopval by die vers waar Rut vir Naomi sê: ‘Ek sal gaan waar jy gaan,’ was ons gevul met ontsag en dankbaarheid. Ons was verheug toe ons ervaar dat dit God se spesiale woord vir ons was. Ons kon saam die onbekende toekoms ingaan, en dit is waarna albei van ons gesmag het! Sou ons die kwessie verder bespreek, sou ons 'n groot probleem teëgekom; beide van ons het die Bybelvers op sy eie manier geïnterpreteer. Ek het vertrou dat dit beteken dat Rosemarie saam met my sou teruggaan na Afrika. Sy, aan die ander kant, het gedink dat ek nog ten minste 'n paar jaar in Europa sou bly. Gelukkig het ons die saak nie verder gevoer nie. Vir daardie oomblik was afskeid nie meer 'n kwessie nie. Ons was verheug oor hierdie bevestiging dat ons saam die Here sou dien, waarheen Hy ons ook al sou lei! In September 1974 was ek terug in die suide van Duitsland. In die klein dorpie Bad Boll, by die hoofkwartier van die Europese kontinentale provinsie van die Morawiese Kerk, het ek by die Predigerseminar (predikers seminaar) aangesluit om vir ordinasie voorberei te word. Saam met drie ander vikare (kurate) het ek nou daar gestudeer, ter voorbereiding vir onafhanklike pastorale diens. Ek het verwag om vir hoogstens drie jaar in Duitsland te werk, en dan terug te keer na Suid-Afrika – meer spesifiek die Transkei – saam met my toekomstige vrou, Rosemarie. Maar mettertyd het dit vir Rosemarie en myself duidelik geword dat die tyd vir saamwoon in Suider-Afrika nog nie heeltemal ryp was vir ons as getroude paartjie nie. Ons wou regtig hê Rosemarie moet met my land kennis maak en, indien enigsins moontlik, my familie leer ken. Rosemarie het vir die derde keer, met groter hoop, aansoek gedoen vir 'n visum om Suid-Afrika binne te kom. Saam met die aansoek het sy 'n motiveringsbrief gestuur waarin sy noem dat ek nou in Duitsland woon. Ons het geredeneer dat 'n groot struikelblok vir 'n visum hierdeur uitgeskakel kon word. Die Morawiese Kerkbestuur in Suid-Afrika het weereens optimaal saamgewerk. Rosemarie is genooi om vir 'n tydperk van twee maande as vrywilliger by die Elim-tehuis vir kinders met ernstige gestremdhede te kom werk. Sy sou dus op dieselfde sendingstasie dien waar my ouers gewoon het. Teoreties sou my liefling en my ouers mekaar dus in hierdie tyd goed kon leer ken. Ons het terselfdertyd ook begin om planne en voorbereidings te maak om te trou ná Rosemarie se terugkeer uit Suid-Afrika in Mei die volgende jaar. Ons was nogal bemoedig toe ons ingelig is dat die Spesiale Tak (van die polisie) 'n boodskap in Elim gelaat het: Rosemarie en ek kon saam na Suid-Afrika kom, op voorwaarde dat ons nie die pers sal inlig nie. Op daardie stadium was ons glad nie van plan om as 'n paartjie na Suid-Afrika te gaan nie. Daarom het dit ons regtig verras toe Rosemarie in plaas van die gevraagde twee maande, 'n visum vir slegs twee weke ontvang het. ’n Vliegtuigkaartjie vir twee weke sou egter baie duurder gewees het. Ons was nietemin dankbaar dat sy uiteindelik 'n visum kon kry want dit was vordering in ons oë. En het die Spesiale Tak ons nie 'n idee gegee nie? Die gedagte om ons wittebrood in Suid-Afrika deur te bring was so aanloklik! Ons het besluit om ons oorspronklike troudatum te vervroeg sodat ons in Suid-Afrika kon wees vir die Paasvakansie. Ons gaan nie passief aanvaar wat ook al die Suid-Afrikaanse regering namens ons besluit nie, daarom het ons voortgegaan om vlugte te bespreek met Luxavia, die goedkoopste reisopsie op daardie stadium. Die aktivisme wat my beetgepak het sedert my terugkeer uit Europa in 1970 en wat aansienlik gevoed is gedurende my seminariedae, is opnuut aangevuur. Ek het egter geen idee gehad van die spanning wat ek my liefling besorg het toe ek haar aangespoor het om die volgende brief te skryf nie: Gündelbach, 10 Desember 1974 Geagte meneer Konsul, Ek is baie dankbaar vir die visum wat u aan my gegee het. Tot dusver kon ek dit nog nie gebruik nie, want ek het intussen uitgevind dat die goedkoper vlugte eers van toepassing is vanaf 19 dae se verblyf in Suid-Afrika. Ek en my verloofde het nou besluit om die reis na ons huweliksbevestiging te onderneem. Ons wil graag vier weke in Suid-Afrika deurbring. Kan u asseblief die visum verleng na vier weke? Indien dit nie moontlik is nie, sal ons dit graag so gou as moontlik van u wil verneem, sodat ons binne die 19-45 dae tydperk betyds vir visums na ander buurlande kan aansoek doen. Ek wil dit egter duidelik stel dat ons eerder die volle vier weke in Suid-Afrika sal wil deurbring. Die uwe in hoë agting, Rosemarie Göbel. Alhoewel die konsulaat in München redelik stiptelik deur Pretoria in kennis gestel is om Rosemarie 'n voorwaardelike visum te gee om die land alleen, dus sonder my, binne te gaan, was die besonderhede egter onduidelik. Rosemarie, geteister deur die onsekerheid of die visum verleng gaan word of nie, het besluit om die Suid-Afrikaanse konsulaat in München direk te skakel vir duidelikheid. Die dame aan die ander kant van die telefoonlyn was baie onbeleefd in haar optrede en het dit nodig geag om Rosemarie baie kru daarop te wys dat haar verloofde die Suid-Afrikaanse wette behoort te ken. Hierdie telefoonoproep het gelei tot 'n avontuurlike maar senutergende korrespondensie met die owerhede in Pretoria, wat ongelukkig nie die gewensde resultaat gebring het nie. Op die ou end het ons ons verplig gevoel om duidelikheid te kry deur die rit van 200 kilometer na München te onderneem om te kyk of ons die saak persoonlik kon uitsorteer. Ons het dit in Februarie 1975 gedoen, omtrent 'n maand voor ons voorgestelde nuwe troudatum. By die konsulaat in München het ons ontdek dat Pretoria reeds in Januarie die konsulaat in kennis gestel het dat Rosemarie se visum vir vier weke toegeken is, al is dit op voorwaarde dat sy nie na Suid-Afrika sou kon reis saam met haar toekomstige eggenoot nie. Die dame by die konsulaat het ons gewaarsku om nie hierdie voorwaarde te probeer omseil nie. Onwetend het sy vir ons 'n idee gegee. Ek het aanvanklik geen probleem met die voorwarde gesien nie, want ek was so verheug dat Rosemarie uiteindelik 'n visum gekry het om my tuisland te besoek! In haar Renault R4 op pad terug van München af, het my liefling 'n gepaste maar irriterende retoriese vraag vir my gehad: ‘Watter soort wittebrood is dit?’ Sy was nie meer bereid om alleen na my heimat (vaderland) toe te gaan nie. Al die reëlings vir ons troue was teen hierdie tyd min of meer afgehandel. Rosemarie se vraag het my verras en ek het geen antwoord gereed gehad nie! Met 'n bang hart het ek ingestem om apart te reis. Ons sou dus die waarskuwing van die konsulaatbeampte trotseer terwyl ons geweet het dat ek gearresteer kon word. Die vooruitsig om my wittebrood in die tronk deur te bring was nie baie aanloklik nie, maar ek het ingestem om die risiko te neem. Om te verseker dat ons planne nie by Jan Smuts-lughawe, Johannesburg, tot niet sou gaan nie, moes ek ‘n ‘wit leuen’ vertel. Ek het in my korrespondensie aan my ouers en vriende die indruk gegee dat Rosemarie alleen sou kom. Ek het gevoel dat die risiko te groot sou wees om enigiemand in kennis te stel van ons voorneme om die voorwaarde van die visum te omseil. Dit sou nogal maklik vir die regering gewees het om een ​​(of albei) van ons met die volgende vlug terug te stuur of om my op te sluit aangesien ek nog oor 'n Suid-Afrikaanse paspoort beskik het. Ons het ons reisplanne verander, die bespreking by Luxavia gekanselleer en eerder op twee afsonderlike vlugte bespreek om aan die voorwaarde van die visum te voldoen. Die nuwe 19-75 dae tarief het 'n duidelike voordeel gehad wat vir ons van spesiale belang was. 'n Mens kon enige bespreking gratis van een internasionale lugredery na 'n ander verander. Ons sou die feit kon benut dat die voorwaardes van Rosemarie se visum niks gesê het dat ons die land nie saam kon verlaat nie. Ons vriend en vertroueling van my seminariedae, Eerwaarde Henning Schlimm, het pas teruggekeer uit Suid-Afrika met sy gesin. Hy sou 'n pos as predikant van die Morawiese Kerk in Königsfeld (Swartwoud) aanvaar, waar ek my verblyf in Duitsland hervat het en ook my enkel gebreek het. Dit het amper vanselfsprekend gelyk dat ons daar moes trou en vir Henning te vra om die seremonie waar te neem. Ongelukkig kon ons dit nie oorweeg om vanuit Rosemarie se ouerhuis te trou nie, alhoewel haar ma ten volle aan al die voorbereidings deelgeneem het. Ek het haar pa sedert daardie dag kort na my aankoms in November 1973 nie weer ontmoet nie, waarna Rosemarie haar ouerhuis moes verlaat. Ons het nietemin aanhou bid, met die hoop dat 'n wonderwerk nog kon gebeur en dat Pappa Göbel van plan sou verander en ons troue sou bywoon. Rosemarie het 'n liefdevolle brief aan haar pa geskryf en om verskoning gevra vir die seer wat ons verhouding veroorsaak het en by hom gepleit om ons troue by te woon. Ongelukkig het hy nie sy hart verander om na Königsfeld te kom nie. Ons was onder die indruk dat hy hardkoppig by sy besluit gehou het. Hy het nie sy weg oopgesien om die troue by te woon nie, nadat hy planne gemaak het om daardie dag 'n oom te besoek. Ons was dankbaar dat hy ten minste sy vrou toegelaat het om in ooreenstemming met haar eie oortuigings op te tree. Op Donderdag 20 Maart 1975 (twee dae voor die kerklike seremonie) het ons wettiglik man en vrou geword in Rosemarie se tuisdorp, Mühlacker. Ons het dit as 'n spesiale seën beskou dat haar ma ingestem het om as getuie te dien, saam met Elke Maier, wat so 'n groot aandeel gehad het in die aanloop tot hierdie oomblik. Nietemin het 'n wolk oor die verrigtinge gehang omdat my ouers en familie nie verteenwoordig was nie en Pappa Göbel nog geen gemoedsrus gehad het om deel te neem aan die verrigtinge nie. Saterdag was die ‘tafel gedek’ vir ons kerklike huwelikseremonie. Ek was dankbaar vir die eenvoud wat die Duitse trougebruik toelaat. Die Duitse tradisie skryf geen strooimeisies en strooijonkers voor nie, nóg spesiale klere vir die blommemeisie. Dit het ons sak perfek gepas in die lig van ons wittebroodplanne. Die winterstoestande in Königsfeld kon nie ons vreugde demp nie. Feitlik tot op die laaste oomblik was ons besig met voorbereidings en takies soos om ys van die vensters van ons trou 'limousine', Rosemarie se klein Renault R4, te verwyder. Ek het selfs gehelp met die kook van eiers vir die onthaal. Die Königsfeld-kerkkoor het die geleentheid opgeluister met 'n spoguitvoering van 'Jesu, Joy of Man's Desiring', wat die diens 'n feestelike klank gegee het. Die hoogtepunt van die kerklike seremonie was ongetwyfeld die preek. Ons vriend en mentor, Henning Schlimm, het dit so goed verstaan om dele van die moeilike pad tot by ons huwelik te vervleg met die Bybelse vers wat ons hom versoek het om oor te praat, die dagwoord Exodus 19:4. Menige traan is gestort en ons was oorweldig deur God se goedheid en genade. Het ons nie deur die jare duidelik genoeg ervaar hoe Hy ons op Sy arendsvlerke gedra het nie? Ons harte was gevul met dankbaarheid en vreugde teenoor die magtige God wie ons saam in die huwelik sou dien. Ten spyte van die onbeskryflike vreugde wat ons daardie dag ervaar het om uiteindelik in die huwelik verenig te word, en die gevoel van dankbaarheid teenoor God vir Sy guns oor ons, was daar steeds twee kwessies wat oor ons gehang het. Eerstens, Rosemarie se pa het nie die vreugdevolle viering bygewoon nie en het nie ons huwelik sy amptelike seën gegee nie. En dan, die wette in Suid-Afrika was steeds teen ons. Wat sou op ons wittebrood gebeur? Het daar moeilikheid op ons gewag? Sou ek gearresteer word? Sou ons saam uitgevang word? *** HOOFSTUK 13 ‘N WITTEBROOD MET 'N VERSKIL Drie dae na ons kerktroue het Rosemarie en my paadjies weer geskei vir die begin van ons wittebrood. Ek het met 'n Lufthansa-vlug vertrek en Rosemarie was reg om die volgende dag met die Suid-Afrikaanse Lugdiens te vlieg. Sy was nog baie gespanne, want ek was nie veronderstel om my tuisland in hierdie tyd binne te gaan nie. Ons het duidelik die vereistes van die visum wat sy ontvang het, omseil. Omdat ek nie geweet het wat met my sou gebeur nadat ek Duitsland verlaat het nie, was vrese vir my arrestasie in Kaapstad of op Johannesburg lughawe net natuurlik. Aanvanklik was ons van plan om selfs mee te doen as om ons aan die voorwaardes van die visum te hou deur die land afsonderlik binne te gaan. Ons het ook voorsorg getref met betrekking tot verblyf. Daar is gereël dat Rosemarie in die Elim sendingstasie gastehuis sou tuisgaan. Dit was inderdaad 'n vreemde voorbereiding vir 'n wittebroodreis, maar ons was bereid om hierdie situasie tydelik te verduur. Ons het ook ooreengekom dat ek nie na die lughawe in Kaapstad sou kom om Rosemarie te ontmoet nie, want 'n mens weet nooit of sy deur die Spesiale Tak van die polisie dopgehou sou word nie. So het Rosemarie met 'n goeie dosis vrees na die Moederstad van Suid-Afrika gekom en verwag om my broer Windsor moontlik as die enigste bekende persoon te sien. (Hy het my in Bad Boll kom besoek tydens sy studieverblyf in Switserland.) In my korrespondensie met familie en vriende het ek almal mislei deur te impliseer dat Rosemarie alleen sou kom. Hierdie onwaarheid het hom heel gou hierna gewreek. Uit Johannesburg het ek vir Wolfgang Schäfer, ons seminariedosent, gebel en gevra om my by D.F. Malan-lughawe (nou bekend as Kaapstad Internasionale Lughawe) te kom ophaal. My suster en haar gesin was egter nie by tuis toe ons in Sherwood Park aankom nie. Ek het dus vir Wolfgang versoek om my by my vriend, Jakes se huis in Penlyn Estate, af te laai. Ek het so sleg gevoel toe ek sien hoe my dierbare donkerkleurige vriend heeltemal bleek word toe hy die deur oopmaak. Hy was heeltemal onvoorbereid op hierdie wending! Gou is ooreengekom dat ek gedurende die eerste nag na Rosemarie se aankoms by Jakes se huis sou slaap. Ek was baie dankbaar oor hierdie reëling, want nou kon ek terselfdertyd al die jongste kerknuus aan die Kaap kry. Jakes het nogal 'n ekumeniese persoonlikheid geword sedert die spesiale Nuwejaarsdag van 1965 toe ons mekaar vir die eerste keer ontmoet het. My ouers het egter steeds nie geweet dat ek Suid-Afrika toe gekom het nie. Ek het gedink om vir hulle 'n telegram te stuur, maar op die ou end het ek dit nie gedoen nie. In 'n klein dorpie soos Elim moes 'n mens baie versigtig wees, veral omdat die Spesiale Tak alreeds daar was met duidelike instruksies oor ons verblyf. Rosemarie sou die volgende dag land en ek het die oggend die geleentheid benut om na die Nuweland-krieketveld te gaan. Om spelers soos Barry Richards en Graeme Pollock in aksie te sien was ‘n te wonderlike geleentheid om te mis. Ten spyte van ons ooreenkoms om nie by die lughawe te ontmoet nie, het ek op die ingewing van die oomblik besluit om tog lughawe toe te gaan om my bruid op tuisturf te verwelkom. Met haar aankoms by D.F. Malan-lughawe, was ek daar om haar te verwelkom met die woorde: ‘Das ist ein richtiger Hochzeitstrauß!’ (DIT is 'n behoorlike trouruiker!). Ek was nie beïndruk met haar eenvoudige Biedemeier-ruiker by die troue nie, en kon nie die versoeking weerstaan om haar so te verras nie. Hoe kon ek haar meer gepas verwelkom as met 'n doos pragtige Proteas uit die Kaap? Sy kon egter nie my gebaar regtig waardeer nie want sy was te geskok dat ek saamgekom het om haar te ontmoet en haar boonop in die openbaar gesoen het! Dit was nie 'n wyse stap van my kant af nie. Gelukkig was daar geen negatiewe gevolge nie. Rosemarie was uiters dankbaar en verlig dat geen van die kommerwekkende scenario's wat haar so gepla het, homself uitgespeel het nie. Komende uit 'n koue, winterse Europa met Königsfeld toe onder die sneeu by ons troue, kon ons nie vir Rosemarie beter bederf het as om dieselfde dag nog strand toe te gaan nie. Hier kon die probleme begin het met al die rasgeskeide strande, maar die Esaus, my suster se familie, het 'n goeie oplossing gehad; die Swartklipstrand was (nog) nie rasgeklassifiseer nie. Die 200 kilometer reis na Elim was op die program vir die Vrydag. Toe ons daar aankom, het ek nogal impulsief gedink dat Rosemarie 'n 'regte' verwelkoming deur my ouers moet kry en nie in my skaduwee moes staan nie. Ek was immers nie veronderstel om in die land te wees nie. Ek het Rosemarie laat ingaan terwyl ek in die kar wegkruip. Vanuit die motor kon ek die hartlike verwelkoming aan my vrou hoor, tesame met die algemene verligting met betrekking tot Rosemarie se vermoë om Engels te kon praat. Jakes, wat haar die vorige jaar ook in Duitsland ontmoet het, het as ‘n grap byna almal onder die indruk gelaat dat sy skaars Engels kon praat. Nou het dit geblyk, soos die Esau-familielede natuurlik reeds ontdek het, dat dit tog nie so 'n groot probleem was nie. Die eerste paar vrae oor die reis ensovoorts het geen probleme opgelewer nie, maar toe bars die bom: ‘Hoe gaan dit met Ashley? Ek het Rosemarie in 'n werklike penarie geplaas. Ek het die situasie gered deur 'van nêrens' te verskyn en dit was heeltemal te veel vir ons liewe moeder. Histeries het sy in trane uitgebars. Ek het hulle nie net deur my briewe mislei nie, maar hulle het ook nie verwag om my ooit weer te sien nie. Dit was die apartheidsrealiteit. Nou staan ek so onverwags daar voor my ouers! In hierdie onvergeetlike, amper heilige oomblik kon ek net my ouers en my pasgetroude vrou omhels. Hierdie kosbare oomblik het steeds aan ons huwelikseremonie behoort. 'n Groot prioriteit was om die plaaslike polisiestasie te besoek. Dit sou onmoontlik gewees het om my teenwoordigheid weg te steek in die klein dorpie waarin my Duitse vrou se teenwoordigheid sekerlik op almal se lippe sou wees. Omdat ek geweet het dat die plaaslike polisiebeamptes as ‘Kleurling’ geklassifiseer is, was dit makliker om te vra watter instruksies hulle ontvang het. Die beampte het sy volle samewerking gegee. Ek het hom vertel van die reëlings wat ons getref het om apart te slaap, maar hy het ons aangemoedig: ‘Julle is getroud. Gedra julleself so. As ek nuwe instruksies van my hoofkwartier in Stellenbosch kry, sal ek jou betyds waarsku.’ Op Paas Saterdag het ons na die plaaslike begraafplaas gegaan om te help met die jaarlikse skoonmaakoefening. Rosemarie het 'n ‘Black is beautiful’ T-hemp gedra en ek was bly dat sy dit gedoen het, want dit was nogal 'n probleem vir sommige vriende dat ek hierdie hemde gedra het. Ons het een van hierdie vriende ontmoet, 'n mooi jong vrou met 'n donker gelaatskleur van ons jeuggroep in Distrik Ses. (Sy en enkele ander jongmense het byna elke dag die seminariekompleks besoek.) ‘Dis nie waar nie!’ roep sy uit, terwyl sy na Rosemarie se T-hemp wys. Ons het 'n bietjie gesukkel om aan haar te verduidelik dat God mense met verskillende velkleure geskep het soos met die blomme, dat hulle almal pragtig is in hul eie reg. Die ervaring in Elim het ons gehelp om meer moed aan die dag te lê om ook op ander plekke soos ander getroude paartjies in een bed te slaap. Ons het natuurlik geweet dat ons moreel op vaste grond was, maar tog het ons ook geweet dat ons blote saamwees reeds neergekom het op die oortreding van die Suid-Afrikaanse wet. Ons het egter glad nie enige spanning ervaar nie en het vinnig geleer om normaal op te tree in 'n abnormale samelewing. Aanvanklik was dit nie nodig om saam in die openbaar te verskyn nie. Maar ek wou ook vir my vrou iets wys van die diversiteit van Kaapstad. Rosemarie en ek het probeer om niemand deur ons teenwoordigheid aanstoot te gee nie, maar aan die ander kant het ons ook besluit om soveel as moontlik onsself te probeer wees. Ons sou eenvoudig die gerieflikste ding doen ten opsigte van kennisgewingborde en dies meer en optree asof ons in enige ander land is. Dit het in konkrete terme beteken dat ons die bordjies wat die fasiliteite vir die verskillende rasse aandui, soms geïgnoreer het. Een van die eerste plekke wat Rosemarie moes sien, was Distrik Ses – of meer korrek, wat van Distrik Ses oorgebly het. Hierdie krotbuurt van Kaapstad met sy pragtige ligging tussen Tafelberg en die see is in Februarie 1966 tot ‘Wit’ woongebied verklaar. In die jare daarna is baie huise gesloop. Terwyl ek by die Teologiese Seminarie gestudeer het net voordat ek Suid-Afrika ‘permanent’ verlaat het, het ons gesien hoe die stootskraper aan die werk was. 'n Huis hier en 'n winkel daar was al afgebreek nadat die eienaars of huurders deur ‘n regeringsbevel gedwing is om uit te trek. Ek het Rosemarie na die omgewing geneem waar ek my kinderdae spandeer het. Ons ouerhuis te Combrinckstraat 30 was ongelukkig reeds platgestoot. Die twee huise links en regs in die ry het nog daar gestaan. So kon Rosemarie 'n idee kry van hoe die gebied gelyk het. Tafelberg is verpligtend vir enige toeris in Kaapstad. Nadat Rosemarie die smerige oorblyfsels van my kinderdae gesien het, het dit my groot plesier verskaf om Rosemarie op ‘n pragtige dag soontoe te neem. Hier het ek soos 'n toeris in my eie land gevoel. My vriend, Jakes het ons by die kabelkarstasie afgelaai, waar ons ons kaartjies by aparte na rasgeskeide kaartjiekantore gekoop het. Daar was egter net een kabelkar om ons boontoe te neem. Omdat ek die enigste ‘nie-Wit’ persoon in die kajuit was, was ek nie verras deur die onvriendelike gesigte wat na my gekyk het: iemand wat nie daar ‘hoort’ nie. Die een Rand tarief was in daardie dae nog baie geld vir ‘Kleurlinge’. Hulle stap eerder op een van die verskillende roetes (hoewel baie min van ons daardie moeite gedoen het; stap was nie vir ons 'n algemene tydverdryf onder 'Kleurling' nie, 'n noodsaaklikheid omdat maar min mense 'n voertuig besit het). Die blikke het dadelik opgewonde en bewonderend (asook jaloers?) geword toe ek in vlot Duits met Rosemarie begin praat het. Ek kon amper hulle gedagtes lees: ‘O, dit is seker wat meneer Vorster bedoel het toe hy gesê het die land gaan binne ’n kwessie van ‘n paar maande verander.’ Baie Suid-Afrikaanse ‘Blankes’ was kennelik gereed om vreemde mense van kleur te aanvaar, wat my met gemengde gevoelens gelaat het. ’n Paar uur later was ons emosioneel op ‘n ‘stil plek’ terwyl ons onsself normaal in die apartheidsopset probeer gedra het. Daar was 'n restaurant vir 'Europeërs' (die term wat soms vir 'Blankes' gebruik was) op Tafelberg, wat ons met etenstyd wou besoek. Toe ons 'n lang tou buite sien, het ek gedink dat ons kosbare tyd sou mors om te wag. Hoekom nie na die ander fasiliteit gaan nie, die een vir 'nie-Europeërs'? Daardie een was heeltemal leeg toe ons daar aankom. Ons het daar gaan sit, maar ons moes nou wag … en wag … en wag. Geen kelner het ons kom bedien nie. Hulle het nie die moed gehad om vir ons te kom sê dat hulle ons nie sal bedien nie. Ek moes van beter geweet het. Ons was immers nog in apartheid Suid-Afrika. Sondagoggend was 'n besoek aan ons kerk in Tiervlei waar my neef ‘Boeta’ John Ulster nou predikant was, byna verpligtend. Die twee Blougom bome wat verlate aan weerskante van ons hek in Northwaystraat in Tiervlei gestaan ​​het, het my herinner aan die plek waar ons gewoon het, en waar ons soveel gelukkige dae as 'n gesin deurgebring het, voordat my ouers na Elim verskuif is. In plaas van ons kleinhoewe was daar nou 'n winkelsentrum en by die agterste hoek waar ons varkhok was, was daar 'n bioskoop wat later 'n groot kerk geword het (my ouers het 'n 'prinslike' bedrag vir die drieslaapkamer baksteenhuis en 8 erwe ontvang. Jare later, toe dit moontlik was om vergoeding te ontvang, het hulle geweier om aansoek vir vergoeding te doen. Hulle het die mense wat hulle lewens versuur het vergewe en wou nie daarop terug kom nie.) Tydens ons middagete-gesprek in Sherwood Park het Mammie met dankbaarheid gepraat hoe hulle ons suster en haar gesin kon help om die eiendom te koop met die vergoeding wat hulle destyds vir ons eiendom gekry het. Ek bewonder steeds my ouers se grasie en grootmoedigheid. Die vergoeding was eintlik piepklein vir hierdie blatante diefstal onder die dekmantel van krotbuurt-opruiming. Op ons eerste Sondagaand terug in die Moederstad wou Rosemarie en ek graag Mozart se Eine Kleine Nachtmusik by die Stadsaal gaan geniet. Ons het nie in een van die 'gratis' sitplekke gesit wat gewoonlik deur 'nie-Blankes' gebruik is nie, maar direk agter die orkes. Verbasend genoeg het dit gelyk of niemand aanstoot neem nie. Was dit 'n teken van die begin van die einde van apartheid? Sou ons eendag permanent kon terugkeer? Ek het Rosemarie ook na die skole geneem waar ek skoolgehou het. By Hoërskool Alexander Sinton het ek briewe van my liefling ontvang onmiddellik na my terugkeer uit Europa, want pos was nog nie afgelewer in Sherwood Park waar my suster saam met haar gesin gewoon het nie. By hierdie skool was daar nog 'n paar matriekleerders wat dadelik wou weet of my vrou die Rosemarie is waaroor ek as onderwyser gepraat het. ’n Besoek aan Elsiesrivier moes sy die Esau familie ontmoet vanwaar ek menige brief geskryf het en waar ek haar foto op die deur van daardie piepklein buitekamertjie gehang het. Nadat ons verskeie vriende en familie in die Wes-Kaap besoek het, het ons deur die Oos-Kaap gereis via die Transkei na Natal, en net een nag by verskillende huise deurgebring. Na 'n heerlike naweek in Pietermaritzburg wat op 'n manier op ons afgedwing was weens brandstofrantsoenering, het ons via Zoeloeland na Johannesburg gery. Die hele reis was nogal avontuurlik, want ons was nie veronderstel om saam te wees nie, wat nog te sê om as 'n paartjie saam in 'n motor te ry. Ons het menige noue ontkomings beleef, en kon veral spoedkontroles vermy danksy die waarskuwings van bestuurders wat vanuit die teenoorgestelde rigting gereis het. Ons was gelukkig om twee jong 'Wit' vroulike rylopers saam te neem net voor ons die Transkei binnery. Dit het gevoel soos 'n ander land met 'n grensposbeheer. Die grenswagte was blykbaar tevrede dat die drie 'Wit' dames 'n chauffeur gehad het! ’n Ondervinding in Johannesburg was selfs meer senutergend. Ons het ongeveer teen middernag in die Goudstad aangekom. Dit was duidelik dat ons nie daardie tyd van die nag na die Potberg-gesin in die Morawiese pastorie sou kon gaan sonder om hulle vooraf in kennis te stel van ons voorgenome aankoms nie. Ek het geweet daar is 'n hotel vir 'Kleurlinge' in die Bosmont-voorstad waar hulle gewoon het. Ek het egter geen idee gehad waar hierdie voorstad in die grootste stad van Suider-Afrika is nie. Ons kon nie aan 'n beter opsie dink as om inligting by 'n polisiestasie te kry nie, natuurlik vreesbevange. Nou was dit Rosemarie se beurt om in die kar weg te kruip. Die polisiebeampte het die pad na Bosmont verduidelik en nadat ons 'n ent gery het, was ons onseker of ons nog op koers is. By 'n stel verkeersligte het ek dit met 'n ander motoris probeer uitklaar. Hoe bly was ons nie toe die Indiër man verduidelik dat hy in dieselfde rigting oppad is. Die eienaar van die hotel, bewus van die Suid-Afrikaanse wette en praktyke, was aanvanklik nogal skepties. Dit was nie verbasend nie weens die tyd van die nag dat ons daar aangekom het, maar nadat hy ons paspoorte ondersoek het, was hy tevrede dat ons wel man en vrou is. Die volgende oggend is ons voor ontbyt daar weg, want ons wou nie die hoteleienaar in die moeilikheid bring nie. Nadat ons aan die voorwaarde van die visum voldoen het om nie saam as 'n paartjie die land binne te kom nie, en na ons wittebrood met 'n verskil, het ons met dankbare harte na Duitsland teruggekeer. Daar het niks gebeur wat hierdie onvergeetlike reis kon bederf nie. Die wittebrood het egter wel 'n stempel van finaliteit gedra oor my nuwe status: ek was in alle opsigte 'n balling. Terug in Duitsland was een van die eerste dinge wat ons moes doen om ons ouers (dit wil sê my skoonfamilie) te bel. Om hulle op die heel eerste Sondag na ons terugkeer te besoek, was net natuurlik. Ons het egter geweet dat dit nie beteken dat Papa Göbel by die huis sou wees om ons te ontmoet nie. Die herinnering aan die vorige keer toe ek hul huis besoek het, by daardie tragiese geleentheid ‘n jaar en ‘n half daarvoor, waarna Rosemarie haar ouerhuis moes verlaat, was nog helder in ons geheue. Maar op hierdie helder sonnige middag het ons die een verrassing na die ander beleef. Ons geloof was beslis heeltemal te klein, want God het wonderlike dinge vir ons voorberei. Pappa was by tuis om mee te begin. Maar toe is hy ook saam na hul Stückle, 'n klein erf waar die gesin menige Sondagmiddag deurgebring het. Hierdie keer sou dit heeltemal anders wees. Pappa Göbel het vir my een van sy kortbroeke aangebied en my met die persoonlike Du (jy) aangespreek. Daarmee – en dit was veral opvallend in die toon – was dit asof hy gesê het: ‘Ek aanvaar jou ten volle as my skoonseun.’ Hy het dit gou opgevolg met: ‘Jy kan my Papa noem! Rosemarie, wat haar pa so goed geken het, het besef hoeveel dit van hom geverg het om so ver te kom. Toe die ys eers gebreek is, het dit nie lank geduur voordat dit gelyk het of ons mekaar al jare ken, asof daar nog nooit enige probleem was nie. God het niks minder as 'n wonderwerk gedoen nie! Bewyse is later gevind dat die Here voor hierdie geleentheid al in sy hart begin werk het. Hy het Rosemarie se brief waarin sy hom gesmeek het om ons troue by te woon, as ‘n kosbaarheid bewaar en op 4 Februarie 1989, toe hy skielik aan 'n hartaanval in sy motor oorlede is, is die brief in sy beursie gevind. Ek het nie my drome opgegee om eendag saam met my vrou terug te keer na Suid-Afrika nie. Ek was gereed om tot die uiterste toe te veg vir die reg om uit ballingskap terug te keer, saam met my vrou en die kinders wat ons gehoop het om eendag te hê. Een van die vorme wat dit aangeneem het, was baie jare van intense gebed vir my land. Die Wet op die verbod op Gemengde Huwelike is finaal herroep in 1985. Ons het sewe jaar later teruggekeer Kaap toe, met vyf kinders op sleeptou. Ons woon vandag nog hier, en wy steeds ons lewens getrou aan Sy diens en ons hou nog al die jare vurig vas aan die belofte, dat ‘elke dal sal opgevul word’. SOLI DEO GLORIA AAN GOD AL DIE EER *** EPILOOG As ons terugkyk op byna 49 jaar van ‘n gelukkige huwelik, waartydens ons egter ook ons aandeel aan uitdagings gehad het, staan dankbaarheid hoog op die lys teenoor die Vader wat ons van jongs af dien. Ons moes baie lesse leer, insluitend 'n paar van hulle op die harde manier. By geleentheid moes ek ly onder die gevolge van ondeurdagte aksies, soos toe ek Rosemarie se pa probeer manipuleer het om ons toestemming te gee om te korrespondeer. En toe die kanse op 'n moontlike huwelik gering gelyk het, na 'n gesukkel aan my kant, het die Vader ingegryp om ons weer bymekaar te bring in Sy barmhartigheid en liefde, en het sodoende ons verhouding in uiteindelike eenheid bevestig. Maar ook in hierdie verband het ons die betekenis van die Bybelvers ervaar wat ons seminariedirekteur, Biskop Henning Schlimm, so mooi en aangrypend by ons huwelikseremonie uitgelê het, naamlik hoe die goddelike Arendsvlerke ons telkens weer gedra het. 'n Praktyk wat ons nie net tydens ons kort hofmakery voor my terugkeer na Suid-Afrika geïmplementeer het nie, maar ook tydens 'n ooreengekome uur op Sondagaande, het die krag van gebed beklemtoon. Inderdaad, watter vriend het ons in Jesus. Om vir en met mekaar te bid en al jou probleme in gebed na die Here te neem, sou die raad wees wat ons deur die jare aan soveel paartjies kon gee. Ons het van die begin af gesien dat daar naas die uitdagings van 'n kruiskulturele huwelik ook 'n geleentheid is om te leer uit die positiewe aspekte van die kultuur van die ander party. Om God as die derde party in ons verhouding te hê, het die krag van 'n drievoudige snoer gedemonstreer. In die skemer van ons lewens is ons geseënd om te sien hoe my ballingskap, waarvan ons troue die toppunt was, vir baie mense in Suid-Afrika, Duitsland en Holland 'n seën geword het. Met Josef wat die grootste deel van sy lewe in Egipte deurgebring het, kan ek nou getuig dat dit wat apartheidswetgewers mislei het, God vir goed omgedraai het. *** BYLAAG 1 Brief aan die Eerste Minister Bad Boll, 30 April 1975 Die Eerste Minister, Pretoria Geagte Mnr.Vorster Graag wil ek hiermee my waardering uitspreek dat u regering van voornemens is om rasse-diskriminasie uit die Suid-Afrikaanse wetboeke te verwyder. Na aanleiding van (ons) onlangse ervarings in Suid-Afrika, wil ek u graag bemoedig om daarmee voort te gaan. My (Duitse) vrou en ek was baie dankbaar dat ‘n visum uiteindelik aan haar toegestaan is, alhoewel dan ook op voorwaarde dat sy nie saam met my die land binne moes kom nie (ons neem aan dat die rede vir die weierings tot nou toe haar verhouding met my, ‘n sg. Kleurling, was). Deeglik daarvan bewus dat dit ‘n groot risiko was, het ons besluit om die land afsonderlik binne te kom en sodoende die instruksies van die visum nog na te kom. In Suid-Afrika het ons met mense in verskillende dele van die land gepraat. Ek was aangenaam verras deur ‘n merkbare verandering in rassebewussyn op verskillende plekke. Die ignorering van ons oortreding van nog heersende wette in die toeristiek (hotel, restaurant, strand) en openbare verkeer, het bewys gelewer dat die tyd ryp is om hierdie wette af te skaf. Dat ons nie eers deur polisie en/of veiligheidspolisie ondervra en/of bespied is nie, was vir ons eweneens ‘n bron van groot dankbaarheid. En tog sou die oopstelling van sulke „voorregte“ aan alle Suid-Afrikaners slegs ‘n baie klein begin in die verwydering van diskriminasie in ons land wees. In die naam van God, in die naam van ·reg en geregtigheid, doen ek op u en u regering ‘n beroep om die werklik basiese, dog hemelskreiende ongeregtigheid t.o.v. grondbesit en die reg om as gesin saam te mag woon, te verwyder… Mag ek ten slotte nog die egoistiese wens uitspreek, dat u in u beraadslagings nie sal vergeet om die diskriminerende paragrawe van die Ontugwet en die Gemengde Huwelikswet te skrap nie. Ek doen dit ook in die naam van ander gemengde egpare wat tans noodgedwonge buite Suid-Afrika moet woon. In voorbidding wil ons graag verder aan Suid-Afrika dink. Mag God aan u en u regering, sowel as aan die gehele Parlement moed en wysheid skenk. Die uwe in Christus, Ashley D I Cloete BYLAE 2 SERTIFIKAAT VAN HUWELIKSTAAT Ek , … , Generalkonsul van die Republiek van Suid-Afrika te Műnchen, bevestig hiermee dat daar geen sertifikaat bestaan oor die huwelikstaat van ons burgers in die Republiek van Suid-Afrika. Mr Ashley Daniel Isaac Cloete het voor Dr. W. Günther (lid van die Moraviese Kerkbestuur in Bad Boll) onder eed verklaar dat hy op 31.12.1945 ite Kaapstad gebore is, ongetroud is en dat hy nie bewus is van enige beswaar in beide Suid-Afrikaanse as Duitse wette teen sy huwelik met Mejuffou Rosemarie Göbel, 713 Mühlacker, Albert Schweitzer Str. 12. Die Generalkonsulaat van die Republiek van Afrika te Műnchen het geen inligting wat dit weerspreek. Daar is dus geen beswaar teen die voorgenome huwelik nie. Soos aan mnr Cloete meegedeel is, word 'n huwelik tussen Blanke en gekleurde persone nie in die Republiek van Suid-Afrika volgens die Suid-Afrikaanse wette erken nie. Generalkonsul (geteken) BYLAE 3 *** WOORDELYS Dominee – 'n Predikant in Nederlandse en Afrikaanse kontekste in gereformeerde denominasies. Erzieherin – 'n Vrou in Duitsland wat die kwalifikasie het om óf 'n kleuterskoolonderwyseres óf 'n ondersteuningswerker by 'n kinderhuis te wees. Evangelisch – Letterlik beteken dit evangelies. In Duitsland verwys dit egter bloot na iemand wat aan die Landeskirche behoort (sien hieronder). Gastarbeiter – Letterlik beteken dit gaswerkers. In Duitsland word dit egter neerhalend gebruik wanneer daar na burgers van Turkye en Suid-Europese lande verwys word. Konfirmandenspruch – By die laaste bevestigingsgeleentheid in die kerk kry die 14-jarige Lutherse tieners elkeen 'n Bybelvers. Dit is hul onderskeie Konfirmandenspruch. Kriegdienstverweigerer – gewetensbeswaardes, letterlik iemand wat weier om diensplig te doen. Landeskirche – Die groot Lutherse Kerk, die denominasie as eweknie van die Rooms-Katolieke Kerk. Alle ander kerklike denominasies word oor die algemeen gesien as ‘Freie Kirchen’ (vry kerke). Vikar – ’n Assistentpredikant in Duitsland wat die eerste teologiese eksamen voltooi het. Die persoon doen dan praktiese werk onder die gesag en toesig van 'n predikant. *** VERWYSINGS 1. Om per lug te reis was nog finansieel buite perke vir die algemene publiek. Die kerk het vir my kaartjie betaal. 2. Letterlike vertaling: Iemand wat 'oorlogsdiens' weier 3. Dit is nie sy regte naam nie. 4. Die dorp waar Rosemarie en Elke 'n opleidingskursus vir kinders met gestremdhede gedoen het. 5. Hulle het steeds geen telefoonverbinding gehad nie. Bruin mense moes gewoonlik baie lank wag nadat hulle vir een aansoek gedoen het. 6. Ons het 'n sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Konsulaat gehad wat sê dat ons huwelik nie deur die regering erken sal word nie (sien Bylaag 3). 7. Vertaling van die Duitse dokument van die konsulaat in München. 8. In die demokratiese era van die land het hulle in aanmerking gekom vir 'n paar miljoen rand as restitusie. Hulle het besluit om nie aansoek te doen nie omdat hulle die apartheidsregering vergewe het. In 1975 was ek nog nie gereed om so vergewensgesind te wees nie, maar teen 2018, toe grondonteiening sonder vergoeding 'n hewig gedebatteerde kwessie geword het, sou ek hierdie aanbod gebruik, en die feit dat ek en my twee broers hul besluit gerespekteer het (ons suster het gesterf in 1980 nadat sy leukemie opgedoen het).

No comments:

Post a Comment